Author Topic: Kersfees word oral aangekondig.  (Read 1793 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Kersfees word oral aangekondig.
« on: September 08, 2018, 10:33:16 PM »
Hallo liewe versvriende

Kersfees word al oral aangekondig. Die koerante basuin dit uit!
Christus se geboorte word gevier!
Ons Verlosser se geboortedag word weer vanjaar met gedenk-en dankdiens gevier!

In dorpskoerantjies word almal uitgenooi na Sondae se kerkdienste, met spesiale uitnodiging vir die armstes om ‘n ete saam met die gemeentelede by te woon. Daar sal hulle wat wil, die Evangelie kan hoor en vreugdevol saamkuier.

In winkelvensters word Bybels uitgeplaas, oopgeslaan by die evangelies se eerste hoofstukke; die mooiste gospelmusiek, klassiek en ligte opnames, word in geloofstemming gespeel. Die winkels is met plante, blomme en hout versier, sonder blikblink poppe of leë kartonsterre met goedkoop blinkers beplak nie.

Niemand is te haastig om saam met die armes (van gees) en kinders te gaan sit en hulle van Jesus se liefde te vertel nie. En aan eensame, welgestelde mense ook.

Helaas nie? Kon dit maar so wees. Ek sien ook hoe staan Jesus buite ‘n saal/kantoor/huis. Vrolike musiek, gelag en gesels vertel dat hier partytjie gehou word. Die vriende en kuiergaste dans en drink en vrolikheid vier hoogty, ter ere van Jesus se verjaarsdag. Maar … Hy is nie daarbinne nie. Om die waarheid te sê, Hy is nie genooi nie. En sou Hy besluit om dalk in te glip, wat gaan Hy onderbreek? Daarom sal Hy dit nooit waag nie. Christus dring Hom nêrens op nie.

Maar ek hoor God se hartseer. Huil engele saam met kinders, klein en onmagtig om te verstaan wat aangaan; wat net besef hulle het nie elke dag eers iets te te nie, want drank maak nie magies vol nie; saam met hulle wat tuis toegesluit word wanneer ‘n ma moet gaan werk, want more moet sy kos koop?

Hoekom huil ek wanneer ek van die ryk man lees, daardie man by wie se hekke Lasarus elke dag gesit en bedel het? Lasarus het Jesus geleer ken, inteendeel, hy het God lankal geken, dink ek. Het hy ook dalk gewonder hoekom hy nooit ingenooi is, saam met die meer welgestelde vriende en ryk sakemanne nie?

Sy gedagtes het soms gedraai om sy lyf, sy swere en sy swakheid. Hy kon nie eers die honde wat aan hom kom lek het, weggejaag kry nie. Maar hy is deur engelehande na God se woning toe gedra. Daar het hy nooit weer honger geword of dorstig na ‘n druppel water verlang nie. Hy loof en prys God nog elke dag, al hierdie eeue al, en gaan dit nog baie lank doen, die ewigheid in. Tot daar wanneer niks gaan op hou nie, maar gaan aangaan en aangaan en nog aangaan.

Here, mag U, Heer en Christus, deur u Heilige Gees ons dra en lei en nogmaals voorgaan in U Woord en meelewig na ander toe. Amen, amen Here.

©adéle theron
« Last Edit: September 09, 2018, 10:00:52 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Kersfees word oral aangekondig.
« Reply #1 on: September 09, 2018, 06:40:31 AM »
Dankie Adele vir die deel van jou visie en gebed.
Kamp is koning!