Author Topic: Suurlemoen Kaaskoek... mmmm  (Read 4434 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Suurlemoen Kaaskoek... mmmm
« on: December 04, 2011, 02:28:09 PM »
Lemon Swirl Cheesecake

Bestandele:
Weet nie, net dat dit ongelooflik lekker is. Is met baie regte egte room gemaak en met die delikaatste suurlemoen smakie.
Kry by Woolies op die Deli-rak.

Reg geraai. Ek is nie 'n kok nie, ook nie 'n bakster nie.
Was altyd, maar nadat ek huis verlaat het so 7jaar gelede, het alle belangstelling saam met die ink op die finale bevel, opgedroog.
Met my seun se verjaarsdag het ek hierdie vreeslike urge om vir hom 'n ma-gemaakte-yskastert te maak.
Koop al die bestandele en ook 'n tert bak en keer trots terug huistoe om hierdie eerste poging na die 7 jaar te gaan maak.
Sit alles mooi reg op die tafel en met die wil oopmaak van die blikkie besef ek ek het nie 'n blik oopmaker nie.
Wat 'n useless ma is ek.
My seun het maar net gelag vir die katastrofe. Hy weet sy ma moet nou van vooraf huis opsit na alle mure platgeval het.  Pannetjie hierdie maand, koppies die volgende.  Groot vrind voorsien messe en vurke.... Jy weet?
Gelukkig is Woolies net om die hoek.  En PicknPay straataf.
« Last Edit: December 04, 2011, 02:32:08 PM by Angelica »
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Suurlemoen Kaaskoek... mmmm
« Reply #1 on: December 04, 2011, 10:12:06 PM »
ek wil so graag vir jou iets skryf maar my woorde droog op...
al wat ek vir jou wil gee is 'n stil drukkie om te sê ek verstaan en dat daardie vonkel in jou oog woorde vertel dat jy op 'n gesondwordpad is. mag jou week ook gevul word met genade, vrede en vreugde     :love7:   
[ons kort 'n drukkie-gesiggie] en eintlik skuld Woolies jou 'n tert vir jou advertensie vir hulle...
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Suurlemoen Kaaskoek... mmmm
« Reply #2 on: December 05, 2011, 05:13:10 AM »
Baie dankie vir jou drukkie, Adele.
Gelukkig verkoop Woolies nie daardie betrokke kaaskoek in terte... giggles... nie.  Net in te klein houertjies.
Dit is 'n heerlike ligte, baie romerige kaaskoek en beslis my fave.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Suurlemoen Kaaskoek... mmmm
« Reply #3 on: December 05, 2011, 08:39:54 AM »
Ek stuur ook 'n drukkie Ellé, dit sal net hier wag totdat jy weer kom inloer.   :love3:

Adéle, hierdie een kan mos werk vir 'n drukkie dan nie?   :love3:
Om te weet is om te verstaan.