Lemon Swirl Cheesecake
Bestandele:
Weet nie, net dat dit ongelooflik lekker is. Is met baie regte egte room gemaak en met die delikaatste suurlemoen smakie.
Kry by Woolies op die Deli-rak.
Reg geraai. Ek is nie 'n kok nie, ook nie 'n bakster nie.
Was altyd, maar nadat ek huis verlaat het so 7jaar gelede, het alle belangstelling saam met die ink op die finale bevel, opgedroog.
Met my seun se verjaarsdag het ek hierdie vreeslike urge om vir hom 'n ma-gemaakte-yskastert te maak.
Koop al die bestandele en ook 'n tert bak en keer trots terug huistoe om hierdie eerste poging na die 7 jaar te gaan maak.
Sit alles mooi reg op die tafel en met die wil oopmaak van die blikkie besef ek ek het nie 'n blik oopmaker nie.
Wat 'n useless ma is ek.
My seun het maar net gelag vir die katastrofe. Hy weet sy ma moet nou van vooraf huis opsit na alle mure platgeval het. Pannetjie hierdie maand, koppies die volgende. Groot vrind voorsien messe en vurke.... Jy weet?
Gelukkig is Woolies net om die hoek. En PicknPay straataf.