• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kortste Gedigte & Stories in die wêreld

Started by Meraai vannie Baai, August 23, 2018, 06:54:37 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek het my verstom.

Aram Saroyan het 'n eenwoordgedig geskep waarvoor hy $500 ontvang het by NEA:
Lighght

Mohammed Ali se gedig op aanvraag van die gehoor in 1975 met slegs vier letters:
Me
We

Strickland Gillilan
"Fleas"
Adam
had'em

Gyles Brandreth
"Ode to a goldfish"

Oh wet
pet.

En dan is daar nog die volgende:
"Fit"           "Nought"
  n                   t

jwcurry het die letter i gebruik en die kolletjie was sy vingerafdruk!

Ernest Hemingway se seswoordstorie word beskou as die kortste storie in die wêreld:
For sale. Baby shoes. Never worn.

Wat gebeur as 'n skrywer niks skryf nie?
R.W. Watkins het 'n gedig geskep met slegs drie naakte lyne as spasies waar woorde geplaas kan word!
   
By die kommentare onder die youtube plasing vind ek die volgende:
The shortest pessimistic poem ever:
Hope?
nope.
(BadBoiFilms)

In een van ons eie gedigstruktuur albums het ek 'woordlose gedig' opgeneem. Dit was slegs 'n foto.
Vandag kon ek nie help om die volgende te skep na aanleiding van al die gekorswel rondom hierdie onderwerp:

Swart Humor
Verbrand
dit!
©

Bron: https://www.youtube.com/watch?v=6F7quI-MbzY

Anton Louw

Swart humor  -   baie oulik, dankie Meraai
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Dit is my "Afrika Kultuur" skepping Anton  :toothy4:

Naas

Kortste gedig.

Ode aan 'n 80 jarige virgin.

Nee.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Oooh!   Ek het gedink dit het te doen met jou kos wat altyd aanbrand  :evil6:-  grap net.      Ek kon die Afrika mooi daarin sien  :toothy4:
Kamp is koning!

Anton Louw

'n Baie mooi skepping Naas


PS.  ek't vir Mnr Meyer paar keer probeer skakel, maar sy foon gaan altyd na voicemail toe.  Gister het ek 'n boodskap gelos, nou wonder of hy nog lewe?  :evil6:
Kamp is koning!

Naas

Ja by lewe nog maar het maar bleikbaar hel onder die nuwe skoolhoof.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Anton, stuur vir my jou kontaknommer na naas.breytenbach@gmail.com dan gaan ek hom probeer kontak om jou te bel.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.