Author Topic: Bolandse natuurseënwense  (Read 3750 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Bolandse natuurseënwense
« on: August 22, 2018, 01:01:34 AM »
BRON: https://af.wikipedia.org/wiki/Digvorme

Hierdie kort wense in eenlyn-versvorm is geskep deur estelleke (2009–2016) terwyl sy in die Boland gewoon het. Hier het sy bewus geraak van die gesprek tussen die natuur en haar eie lewe. Sy is geïnspireer deur Ierse wense en die Engels-Ierse digters en filosowe John O’Donohue en David Whyte.

Hieronder is wat sy sê oor die proses:

Stap in die natuur en wees bewus van alles rondom jou.

Skryf neer wat jy sien, hoor, ruik en aanraak. Wees bewus van jou gevoelens.

Reflekteer oor jou lewe.

Leef poëties en kombineer hierdie element van die natuur met ’n wysheid wat jy ontdek het in jou lewe. Dit kan ook ’n oplossing van ’n konflik in jouself of die natuur wees.

Voorbeelde:

Mag ’n wolk voor die son inskuif as jy warm kry en jy die goud in die dou raaksien as jy honger is;
Mag die wind met jou tiekiedraai om die spinnerakke in jou kop weg te waai;
Mag die voëls jou laat twyfel of jy alleen is;
Mag die fynbosblomme weerspieël hoe uniek jy is;
Mag die bome jou uitnooi om jou hande na bo uit te strek;
Mag die berge jou herinner daaraan dat die genade groter as die gebrokenheid is;
Mag die see jou laat weet dat jy skoon gespoel kan word;
Mag die sneeu op die pieke jou help om jou oë boontoe te wend en al die dieptes en rykdom wat jy is, te omhels;
Mag die wolke wat skuimend oor die berge aanrol jou laat wonder of dit werklik elders mooiweer en warm is;
Mag jy ’n nuwe naam kry as ’n ster bokant jou kop verskiet en dit jou hoop gee te midde van vervlietende teenwoordigheid;
Mag jou tred stewiger, dog ligter word as jy laatmiddag skugter stap op die strand en jou vermoede bevestig word dat daar vir jou ’n plekkie is onder die son;
Mag elke rob wat hulpeloos of vrywillig uitspoel jou gewetenloos laat verlang na jou vryheid;
Mag jy genoeg skulpies optel wat jou aanmoedig om uit jou dop te kruip;
Mag ’n slakkie jou uit die doolhof van magtelose paadjies lei as jy daarin verdwaal;
Mag die volmaan wat desnieteenstaande alles oor die berg opkom vol belofte knipoog en jou verwelkom;
Mag jou drome vlerke kry en sweef soos die seemeeue hoog bokant in die lug.
(estelleke)

 :book1: Hoe lyk dit? Gaan ons probeer en ons eie skrywers-seënwense skep?
« Last Edit: August 22, 2018, 01:03:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bolandse natuurseënwense
« Reply #1 on: August 22, 2018, 01:22:49 AM »
Mag vrede jou omarm soos seemis op die strand.
Mag die lewe jou na liefde ly soos bokspoortjies na water.
Mag voorspoed jou pad verlig soos maanskyn oor die water.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bolandse natuurseënwense
« Reply #2 on: August 22, 2018, 11:57:31 AM »
Pragtige voorbeeld Naas.
 :book1: :notworthy: :icon_salut:

« Last Edit: August 23, 2018, 01:16:42 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bolandse natuurseënwense
« Reply #3 on: August 23, 2018, 01:16:58 AM »
Hier is my voorbeeld van Skrywers-seënwense vir ons eie Langenhoven Naas

Mag jou woorde ons dors les soos die eerste druppels na lang droogtes;
Mag jou verse ons bekoor soos die reënwoude;
Mag jou humorsin ewig aanhou knipoog soos 'n sterrenag;
Mag jou wysheid ons rigtingwyser wees soos 'n wolkkolom van ouds;
Mag jou woorddisse ons honger stil soos geil koring op vrugbare lande;
Mag hulle ons kreatief meevoer van seisoen na seisoen;
Mag jou trurat-strukture ons eie penne hervul uit borrelende fonteine van gisters;
Mag hierdie skeppings ons ankers word in die stormseë van Poësie.

« Last Edit: October 18, 2019, 01:31:56 AM by Meraai vannie Baai »