Author Topic: Maar iewers het ek guns gevind  (Read 1762 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Maar iewers het ek guns gevind
« on: August 16, 2018, 10:05:48 PM »
Maar iewers het ek guns gevind, soos Dawid van ouds
ek is net baie kleiner, in nederige sandsteen gebou
die sement tussenin, is die oneindige liefde van Jesus
Hy het sonstrale gaan haal, hul na my grot gebuig
en iemand gestuur, met liefde my daaruit gelei
wie is ek dan, o Heer, nietig ek, as dit nie was nie vir U
genade en verlossing en ek, 'n dissipel in die vreugde
van Hom wat red en lei, geen ander weg vir ons
as u voetspore nie, en halleluja, ons juiglied tot u eer!

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Maar iewers het ek guns gevind
« Reply #1 on: August 16, 2018, 10:51:20 PM »
 :notworthy: :icon_salut: