• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pondkoek/Poundcake

Started by Anastasia, August 16, 2018, 11:11:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Ken julle die Pondkoek (Poundcake)?  Dit is 'n koek wat tradisioneel sy oorsprong in die middel 1700's in Europa gekry het.  Ek glo veral op landelike en landbou gedeeltes, waar die bestandele geredelik beskikbaar was, en nuttig was vir 'n soet holtetjie en teetyd.

Die naam dui nie daarop dat die koek 'n pond geweeg het nie.  Eintlik het dit 4 pond geweeg!  Want dit is juis die vangplek.  DIE KOEK WORD MET SLEGS 4 BESTANDELE GEBAK!  Alles dinge wat op 'n plaas beskikbaar was:  'n pond elk van: botter, suiker, meel en eiers.

Die reuse koek moes natuurlik baie honger mae vul, aangesien families en gesinne groot was.  En dit wat oorgebly het is uitgedroog en soos beskuit geëet.

Vandag het die resep aangepas geraak, om 'n kleiner meer hanteerbare koek te verseker wat 'n gemiddelde kleiner gesin kan baasraak.  Ek bak dit baie.  Ek wil my amper verstout deur te sê dat jy baie selde nie 'n pondkoek in my koekblik hier sal kry vir die wis en die onwis nie!

Hierdie is MY aangepaste weergawe, ek het dit so bietjie bygetoor en lekker is hy lekker!

Let wel, ek werk op mates, ek vertrou julle het 'n klein kombuisskaal in die kombuis?

BESTANDELE:

300G Margarien (Ek vind botter raak galsterig as dit staan)
300G Suiker
250G Koekmeel
4 Groot eiers
5ml Vanielje essence
1 plat teelepel kaneel
4 Eetlepels melk
Droeë versiersuiker om bo-oor te strooi

METODE:
Meet die margarien en suiker gelykertyd alles saam in mengbak en klits goed tot romerig
Voeg vanielje by en klits weer.
Voeg eiers EEN VIR EEN by en klits tussendeur goed (Belangrik, die lug laat hom rys, daar is geen bakpoeier nie)
Voeg die afgemete meel en kaneel gelyk in een slag by
Klits mooi deur.
Voeg laastens die bietjie melk by, en klits weer goed deur

Die tekstuur van die beslag lyk soos 'n versiersuiker, lig en pof

Sit in middelslag broodpan en bak vir 'n uur by 180 grade.  Toets dit met 'n mes, soms effe paar minute dalk langer

Haal uit, en sif droeë versiersuiker ruim oor terwyl dit warm is.

Dis 'n heerlike koek, die heerlikste aromas hang in jou huis terwyl dit bak.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dit klink maklik en ek gaan dit beslis probeer.  Dankie vir die deel nonnatjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai