• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoeveel lesers is aanlyn?

Started by PM, August 13, 2018, 04:05:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As jy na die tuisblad gaan - home - en jy rol af tot onder dan sal jy sien hoeveel mense aanlyn is.  Op die oomblik is daar 40 gaste en ek en Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Welkom al die gaste... As julle aansluit en saam praat kan ons julle dalkies in die kroeg toelaat.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Oeps!   ???   En wat dink jy gaan hulle van ons dink Naas? 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dink jy vir een oomblik ek gee 'n verlepte boontjiepit om wat hulle van my dink? As niemand van my hou nie hoef hulle nie so baie broodjies by my begrafnis te bedien nie. So spaar ons geld.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Grappie!  Oor die broodjies.  Hulle moet maar kom aanklop vir 'n spesiale vergunning.  Ons laat nie stywebolippies daar toe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Naas, ek is op 'n stadium in my lewe dat so min mense van my hou, ek gaan maar eerder veras word.  Daar is te min moontlike kisdraers!  En kyk hoe gee ek glad nie om nie!  Ha ha  :pottytrain2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Hulle moet my as op die winkelsentrum se dak gooi dan weet ek te minste my familie kom kuier een keer n maand by my.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahahahaha, ek soek 'n mandjie-prentjie  :book1: :notworthy: :`ip2:

Naas

My buurman se hond blaf nou weer vannag in my slaap. As ek Gatkantland toe trek sal dit wees om van die hond af weg te kom.
Ek besef deesdae dat ek op my lekkerste slaap wanneer ek bestuur. Dis hoekom ek niks slaap meer kry nie. in die nag blaf die hond vir die springbokspan en as ek bestuur moet ek wakker bly om die stukkies teer tussen die slaggate te vermy. Mens kan net nie wen nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#9
Hahahaha, nou-nou net gelees wat PM geskryf het oor die toestand van paaie en nou sien ek hoe dit jou wakker hou agter die stuur Naas. Hier by ons ry die ouens hulle eie paaie weerskante van die teerslangetjie uit. Tussen klein dorpies het ons 'deelpaaie'. Jy moet links hou en aankomende verkeer hou regs terwyl elkeen darem een voorwiel en een agterwiel op stukkie teer kan hou AS daar nie 'n monster van vooraf aankom en 'n paaltjie of twee jou in jou vierwielspore stop nie.





Soms is daar so ekstra hupstootjie nodig vir die uwe om die bult uit te kom lol.
Swaerie sleep die geleende asems en Sussa stoot van agter.


Naas

Ek is mal oor die "Outback Truckers" program hier op DSTV. Daar kan 'n mens nogal 'n idee kry van julle paaie en al die avonture wat daarmee saam gaan.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dan sou jy beslis die 'road trains' leer ken het. Die ouens het durf en moed wat skrik vir niks. So pas paar fotos gedeel by vorige plasing hoor.

Naas

As ek daai foto so kyk waar outop die asemtrollie trek dan verbeel ek my hy het ook 'n roadtrainlisensie




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas, daardie keer het swaerie die sleepwerk gedoen sonder 'n roadtrainlisensie  :icon_biggrin: en kon Outop se arms rus.

Naas

Sien ou ek was vas aan die wakker, dis nie Outop nie. Outop was sekerlik agter die kamera.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.