• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maraton 2018

Started by adele, August 11, 2018, 12:52:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Dis vrystaatkoud soos dit net hier kan wees ....  :toothy4:  ons soek nou warmte terwyl ons eet ...
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek stuur 'n warm koppie groentesop en varsgebakte broodjie vir julle hoor. Matertjie, is hier fotos by? Ek sien daar is 'n attachment maar die uwe se tikker wys net jou koudkry woorde  :icon_biggrin:

adele

adéle  :grommit:

Anton Louw

Ek was in die Voortrekkers gewees van sub A tot matriek.   Het darem hoofleierswag bereik, maar ek was glo te stout om die Presidentsverkenner kenteken te kry.
Inelkgeval, dit was die einigste kere wat ek bloodgestel was aan sulke tipe danse soos in die foto's hierbo.  Dit lyk darem of julle warm genoeg aangetrek is?
Kamp is koning!

adele

Ons was warrrm aangetrek gewees, maar dit het nie veel gehelp wanneer ons gaan eet het of koffie-pouse gehad het nie. ons is teen kwart voor ses klaar en gegroet gewees en op pad. Drie van die jong meisies het saam met ons Brandfort toe gery, maar ja, die stad se liggies was nog helder, toe slaap hul al saggies. Ken ek dit nie, ai, om jonk te wees ....
adéle  :grommit:

adele

#5
Lief Raaitjie, ek weet nie hoe om die foutokies in die blok te kry soos jy nie, hulle lê by "attachments"  :icon_scratch:
Maar ek plaas die "link" hier waar ons ons goed oplaai by die volkspeleblad op gevreetblaadjie. Laat weet seblief of jy daar kan inkom  :toothy4:

https://web.facebook.com/groups/volkspelegroep/
adéle  :grommit:

Anton Louw

"toe slaap hul al saggies"

Terwyl ek besig is om my skaap potjie aan die gang te kry en my gedagtes dwaal, dink ek aan die boonste stukkie wat ek vanoggend hier raakgelees het.   Dit laat my ook terugdink aan kinder jare en die lekker aan die slaap raak in die motor terwyl liggies verby skiet.
My 2 seuntjies is nou 2 en 5 jaar oud.
Kamp is koning!

adele

Geniet jou kinderen en hul ommienek-armpies en alle liefde, Anton, hulle word so gou groot
adéle  :grommit:

adele

Ek stuur 'n warm koppie groentesop en varsgebakte broodjie vir julle hoor ....
dankie Vriendin, ons het nogal met sop en jaffels begin, Vrydagaand se ete. Ek is seker dit was jou lekker sop wat daar bedien is   :love7:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek kon sien en luister!! Watter vreugde. So baie dankie vir skakel matertjie. Ek het myself gate uit geniet. Die wind wou ons vandag wegwaai hier, wonder ek hoe is die weer daardie kant. Hier het die sonnetjie nou gesak en ek gaan myself bederf met 'n mooi fliek in die warm kooi :)

PM

Miskien kan jy vir ons kom kuier en hier in Leeupoort ook 'n Volkspelegroep begin Adele.  Hier is dit lekker warm. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Die Bosveld trek my al hoe meer Vriendin, ek wonder net hoe om permanent daar te kom ... As dit nie vir die plaas was nie ....  :toothy4:

En ja, die begin is niks, maar die volhou van 'n laer .... volkspele? My gedagtes bly eers my eie  :crybaby2:  daar op fb vertel hoeveel mense hoe hul dit geniet het, terugverlang, wens vir weer .... maar niemand doen moeite nie. Tipies vandag se kuberlewe ... almal wil hê en verniet op 'n skinkbord (lees Tablet/laptop) ens kry, maar niemand wil regtig uitgaan daarvoor nie.
adéle  :grommit:

PM

Dit is so.  'n Mens kan nie altyd doen wat jy wil nie, net wat jy kan.  Ek het ook vreeslik lui geword, wil nie meer "spaander" nie.  Ek is te lig vir swaar werk en te swaar vir ligte werk. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

 :icon_biggrin:   :icon_biggrin:   :toothy4: 
Dis so, Pm-maatjie, en weet jy wat is nog 'n groot remskoen in vandag se lewe, nie alleen dié wat nie meer lus is vir spaander nie, maar ook die wat nie het om te spandeer nie ... dit kos ons om te kom waar ons wil deelneem  :crybaby2:
adéle  :grommit:

PM

Dit is waar ja.  As ons met die jukskei aan kompetisies deelneem dan kos dit 'n klompie.  As die ander spanne hier kom speel moet ons vir hulle kos en drinkgoed gee. Dan praat ek nie eers van skoene en klere nie.  Julle s'n is seker baie meer as ons s'n.
Om te weet is om te verstaan.