Author Topic: Is Afrikaans 'n nice taal?  (Read 9998 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Is Afrikaans 'n nice taal?
« on: August 06, 2018, 06:57:35 PM »
Ek kom klop nou maar hier aan om opinies en moontlik ook hulp te vra.   Ook maar 'n jong lat wat nie baie lus was vir voornaam woorde en byvoegsels en afrikaans op skool nie, het ek later my verdere studies in Engels gedoen (bietjie grieks ook geleer).  Daarna vir 15 jaar internationaal gewerk waar alle kommunikasie en voorleggings altyd in Engels voorberei was.

Dit was eers 7 jaar gelede toe ek my vroulief ontmoet het, boeremeisie van Warmbad, toe ek weer begin het om Afrikaanse kultuur in my bloed in te pomp, sommer musiek ook!  :color:

Inelkgeval, nou met die onstaan van kampforum.co.za waar ek die rol moet vervul van hoof redakteur en skrywer van artikels en nuusbriewe , :sign10:   het 'n nuwe episode en uitdaging in my lewe begin, en gedurendfe die laaste 18 maande het my afrikaanse woordeskat en skrywe weer begin lewe kry.

Kom tot 'n punt :dontknow:
    -  Met die alledaagse skrywe op die kampforum, skryf ek sommer maar soos ek dit laaik.  As iets nice is dan noem ek dit nice, en as die Afrikaanse woord my verbygaan of nog in std. 8 vassteek, dan gooi ek sommer 'n Ingelse ene in "hakkies" tussen in.   Bring nou my kaapse agtergrond in die mix in en dan kan jy 'n hele mengelmoes van woorde en tale in een sin kry!

    Is ek besig om my taal skade aan te doen en moet ek daarna streef om idees en opinies in 'n meer "suiwer" afrikaanse form neer te skryf?
    Ek meen, deesdae met die internet en al die nuwe tegnologiese woorde is 'n mens seker nie altyd bewus van hoe om 'n ding te skryf nie en dan val ons maar gemaklik terug op "onsuiwer" woorde?

    Ek kom deel dit hier en vra opinies en moontlik raad ook. Hoe moet ek hierdie uitdaging aanpak?

Kamp is koning!

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #1 on: August 06, 2018, 07:51:35 PM »
Ek persoonlik gebruik ook nou en dan 'n ingels woord wanneer ek praat. My werkstaal is ingels.
Ek voel egter wanneer ek skryf het ek genoeg tyd om die regte Afrikaanse woorde en terminologie te gebruik. Daarom probeer ek my skryftaal suiwer hou.
Ek het egter heeltemal 'n broertjie dood aan veral die manier waarop afrikaanse kunstenaars ons taal vermoor.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #2 on: August 06, 2018, 10:43:42 PM »
Baie welkom! Ek moet blosend erken dat daar by my ook 'n lui woord of twee deurglip  :icon_bigsmurf: maar ek het soos Naas, ook 'n broertjie-dood aan die nuwe neiging om te maak soos jy smaak met ons mooie taal. Reeds 18 jaar omring met Engels span ek die taal-osse soms agterstevoor in, geen verskoning - ek weet  :icon_biggrin:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #3 on: August 07, 2018, 04:57:13 PM »
Ek het nou regtig gehoop ek gaan hier ook so 'n bietjie raad kry oor hoe om my Afrikaans te verbeter en meer "aantreklik" te maak vir die moderne afrikaans sprekendes?     Wat sal die beste metodes wees?

PS.  bestaan daar 'n woord soos "eerbaarlik"?  soek die internet maar kry niks nie.   Ek glo dit kan 'n nuwe woord wees? (-:
Kamp is koning!

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #4 on: August 08, 2018, 01:45:45 AM »
Ek kan eerbaarlik nie se dat ek al van so 'n woord gehoor het nie maar in die regte sin kan dit nogal 'n openbaring wees.
Glo my, jou taal gaan verbeter op hierdie forum maar dit gaan nie opslag gebeur nie. Jy sal ongelukkig gereeld moet lees en deelneem aan die besprekings en woerts warts, voor jy weet is jou gebruik van die taal weer mooi blink gepoets.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #5 on: August 08, 2018, 01:46:05 AM »
Ek vermoed as jy so aanhou om jou eie woorde te skep en dit met ons te deel kan daar straks nuwe vlammetjies begin brand in die woordvuur Anton Louw, en voor jy weet spog jy eerbaarlik met 'n heel nuwe woordeskat.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #6 on: August 08, 2018, 01:47:51 AM »
Onbewustelik het onse eie Langenhoven en die uwe omtrent dieselfde boodskap kom neerpen vir Anton. 
Naas, jy is in die tjoekie mater - ek sit vuur en vlam en wag op jou plasing waarmee jy besig was by die 'stêkkonde ploeg' en daar los jy net spookwoorde. Jou vonnis is gefel mater! 'n Boeteversie is jou voorland en die onderwerp: Is Afrikaans 'n nice taal?  
« Last Edit: August 08, 2018, 02:13:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #7 on: August 08, 2018, 02:14:19 AM »
in die wyse woorde van I.D. Jood... Great minds think alike...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #8 on: August 08, 2018, 04:21:11 AM »
Kyk nou net hoe mooi! Anton, onse meester Naas het gesprak (gespreek) en by ons woorddief Raaitjie, kan jy net baat. Ek is ook baie lief vir my taal, het grootgeword by ouers wat ons pertinent geleer het om dit suiwer te hou, en vandag het ek iemand aan my sy wat ook so voel, so dis vir my maklik. En al het ek my kinders dieselfde voorbeeld gestel, help dit min. Hulle voeter aan soos hulle vriende. My broers uit dieselfde ouerhuis, se paadjies het ook elders in die wêreld gaan draai, dus is hulle engels (en jongste ook Noorweegs want hy het immigreer) goed magtig. Tog praat hul ook redelik suiwer afrikaans. Dis vir my goed.
EK het respek vir iemand wat wil.
adéle  :grommit:

Offline Elizabeth Kungl

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 9
  • Passievol Afrikaans!
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #9 on: September 18, 2018, 10:26:19 AM »
Ek het met suiwer Afrikaans groot geword en wanneer jy iets in Engels gesê het moet dit in 'aanhaaling tekens' geplaas word (ongelukkig kan ek glad nie spel nie, nie in Afrikaans of Engels nie).  :mumum: Maar my besigheids taal en later my huis taal was Engels (ek het met 'n Hongaar getrou en ons kon mekaar se tale nie praat nie dus was dit Engels) my kinders het met Engels en Hongaars groot geword. Al hoewel my kinders ook kan Afrikaans praat, is Engels hul eerste taal. Uit my 3 kinders praat net een goeie mooi Afrikaans.
Van my onderwerpe waaroor ek graag sal wil praat soos bv Wat is Bipolêr? Ken ek glad nie die Afrikaanse woorde nie en daar is min leestof oor die onderwerp in Afrikaans. Ek gaan dit probeer vertaal na Afrikaans, maar julle gaan baie goed in aanhaling tekens sien en as ek iets verkeert vertaal, wees vry om my reg te help.  :violent1:
EK

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #10 on: September 18, 2018, 10:50:49 AM »
Dankie vir jou inset EK, ek sien uit na die inligting. 


Anton, dit maak my kriewelrig as ek luister na Afrikaanssprekendes wat "mor en tjor" oor Afrikaans wat besig is om te verdwyn, maar hulle verkrag die taal so dat die paddas in die tuin onder die blare wegkruip. 


Ek aanvaar elke skrywer of geselsmaat se bydrae soos dit is en sal nie probeer om dit te verander nie.  (Tensy jy vra.)  Dit is vir my genoeg dat jy graag suiwer  Afrikaans wil praat en skryf.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #11 on: September 18, 2018, 12:11:48 PM »
Kom gesels asseblief en vertel, Elizabeth, ons gee altyd toe vir iemand wat wil en ons kuier mos nie nou met woordeboeke nie. Soos wat ander ons 'suiwer' taalgebruik admireer, konsidereer ons ook jou gewilligheid.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #12 on: September 18, 2018, 11:51:27 PM »
Ons is reeds 18 jaar blootgestel en omring deur Engels. Met geen woordeboek in die huis nie, kinders en kleinkinders wat net Engels praat in hulle onderskeie gesinne was my enigste blootstelling aan Afrikaans dus die internet en geselssies tussen my en Outop wat dan ook dadelik oorskakel na Engels sodra die kinders of kleingoed instap. Ek span die taalosse gereeld hot agter haar in maar geniet nog steeds my eerste taalliefde - Afrikaans.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #13 on: September 19, 2018, 12:54:32 PM »
Ons het ook gedink dat ons kleingoed in NZ nie Afrikaans magtig sal wees nie, maar groot was my verbasing toe ons oudste kleindogter (sewe jaar) vir ons 'n storie lees in Afrikaans.  Dit gaan maar met 'n erge dialek gepaard, maar kleinding het dit onder die knie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is Afrikaans 'n nice taal?
« Reply #14 on: November 12, 2021, 08:23:47 AM »
En hier lees ek weer oor 'n besoeker se skouer en wonder of al die rate vir Anton stilbang gemaak het.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.