• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ingelegde Pepers (Pickeled Peppadew)

Started by PM, August 05, 2018, 12:47:36 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Pikantpepers of soetrissies of altwee gemeng. 
'n Halwe teelepel koeksoda


Maak 'n asynsous
2 Koppies suiker
3 Koppies asyn
1 Teelepel sout
Kook als saam.


Metode:
Sny die pepers in stukke (repe) en verwyder pitte.  (Ek hou die pitte)
Gooi die pepers in kokende water en kook vir 5 minute
Gooi nou die koeksoda in en roer.
Gooi deur 'n sif.


Vul die flesse met die pepers en gooi 'n paar koljander- en swart peperkorrels oor. Vul die bottels met die kokende asynsous en seël.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons is baie lief vir pepers. Sal die ene onthou!

PM

Hierdie is regtig baie lekker.  Ek het die resep by my vriendin Hermi gebedel. 
'n Ruk gelede het ek 'n groot houer vol "pickling spice" gekoop en gebruik dit sommer orals in die kos.  Een groot eetlepel vol word by die sous gevoeg as dit gekook word en ons geniet dit. 
Om te weet is om te verstaan.