Definisie van stres: Stres is die verstandelike en liggaamlike reaksie op enige druk wat jou normale vreedsame toestand versteur.
Jou brein omskep gedagtes in 'n fisiese realiteit via die elektriese impulse in jou senuwees en spesifieke biochemikalieë. Stres is 'n globale term vir uiterste druk op jou liggaam en sy orgaanstelsels as gevolg van angs/vrees/onsekerheid/onstellende emosies ens.
Vrees is die wortel van stres wat meer as 1400 bekende skadelike fisiese en chemiese reaksies veroorsaak in jou liggaam en aktiveer meer as 30 verskillende hormone en neurotransmitters. Dit is dus glad nie verbasend dat hierdie reaksies 'n ongelooflike nadelige uitwerking op jou liggaam het nie.
Daar is drie stadiums van stres. Die eerste fase is jou liggaam se alarmstelsel.
Hierdie fase is dan ook die veg of vlug stadium. Dit is 'n natuurlike reaksie wat deur jou hipotalamus, pituïtêre klier, simpatiese senuweestelsel en adrenale kliere veroorsaak word. Jou hart klop sterker om die bloedvloei te verhoog wat die glukose/energie en suurstof vervoer na jou brein en spiere.
Dit is die tydelike stres wat jy byvoorbeeld ondervind wanneer jy voor 'n gehoor moet opstaan en 'n toespraak lewer of wanneer jy skielik moet reageer terwyl jy bestuur om 'n ongeluk te vermy. Dit is dan wanneer jou hartklop se ritme verhoog en jou palms sweterig word.
Ons liggaam reageer spontaan en die volgende funksies vind plaas:
*Die lewer verhoog die vlakke van glukose (suiker) en vette in jou bloedstroom (verhoogde energie benodig deur die brein, hart en spiere.)
*Die milt (wat 'n stoorreservoir vir bloed is) trek saam om bloedtoevloei te verhoog.
*Die tempo van asemhaling verhoog en jou trachea (windpyp) word wyer sodat jy kan meer lug kan inasem sodat daar meer suurstof beskikbaar is vir jou brein, hart en spiere.
*Bloed word van jou vel en spysverteringstelsel weggestuur na die brein, hart en spiere.
* Daar is 'n afname in die produksie van speeksel, maag ensieme en peristalse (beweging van jou maag en ingewande wat jou kos help verteer). Dit is omdat die spysverteringstelsel nie benodig word in 'n gevaarsituasie nie - daar is nie tyd om te eet as jy moet vlug nie!
* Chemikalieë wat vrygestel word tydens fase 1 van stres help jou om meer intens te kan konsentreer en geheue te verbeter. Jy is op die oomblik in hierdie fase omdat jy besig is om te konsentreer terwyl jy lees
Die hormoon CRF (vrystelling van kortikotropien) word in klein hoeveelhede vrygestel deur jou hipotalamus. Om dit makliker te maak, gaan ons CRF die
geel hormoon noem.
Die geel chemikalie stimuleer weer die pituïtêre klier in die brein om 'n klein hoeveelheid chemikalieë vry te laat naamlik ACTH (Adrenokortikotropiese hormoon) wat ons die
rooi hormoon gaan noem.
Die rooi hormoon hou jou waaksaam en stimuleer die adrenale kliere (bo-op die niere) wat weer hormone nl. kortisol en adrenalien vrylaat. Hierdie hormone is almal goed in klein hoeveelhede om jou waaksaam en gefokus te hou.
En so kom die proses in jou liggaam tot 'n einde en verkeer jy weer in 'n vreedsame toestand. Sodra jy weer blootgestel word aan stresvolle situasie of terugdink aan wat gebeur het, begin die proses weer waar meer geel en rooi hormone geproduseer word. Dit is 'n positiewe siklus wanneer daar slegs kort tydperke van hierdie chemikalieë herproduseer word.
Daar is nog ander chemikalieë betrokke in die proses maar die geel en rooi hormone is vir nou die belangrikste.