Author Topic: Silwerblink trane  (Read 1910 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Silwerblink trane
« on: July 01, 2018, 07:37:29 AM »
Goeie môre, woordvriende en ander wat in seerkry saam ‘n pad stap wat dreig om ons voete te laat ontspoor

Dis nog saterdagaand en ons ontspan sommer met niksdoen. Vroegoggend het ek die dag aangedurf, dagbreek gegroet en in die stilte van ons aandkuier-vertrek, kom bid. Nader aan God kom stil sit en sy Heilige Gees toegelaat, gesmeek, om my onuitgesproke gedagtes Hemel toe te neem.

Die week was moeilik; vol drama, seerkry en angs by mense wat ek eens geken het, maar wie my afgedank het uit hul lewe uit. Die seerkry het my binneste dae lank laat huil, maar later het ek besef hoe skoogewas jou trane jou kan laat voel. Trane is die noodsaaklikste bestanddeel om die bitter in die lewenskookpot, tot vergifnis te versoet.

Trane is deurskynend en blink met ‘n soutsmaak, maar dis juis wat ons nodig het om haat en bitterheid in jou hart, vrede te gee. Daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan; wat nie in woorde beskryf kan word nie, maar wat uit jou uitstraal sodra die geur daarvan jou omgewe en jou hart vul.

Trane is deurskynend sodat dit nie die speelveld van die lewe om jou, kan verdof nie. Dit blink in die strale van die son, om God se wit lig soos ‘n reënboog te weerkaats. En dis sout om jou hart van alle onsuiwerhede en slanggif te reinig. As jy jou berou voor God se troon en by sy voete gaan neerlê, vernietig die trane oor jou wange die gif wat jy gekoester het en wat jou stukkie vir stukkie van binne af, wou vernietig.

Hoekom glo jy dat die beker gif waaraan jy so stadig sluk, die ander sal doodmaak? Nee liewe vriend en vriendin, uiteindelik sal dit jou binnese vernietig, jou longe laat verbrand, jou niere laat ingee, jou hart se spierweefsel laat verswak en jou bene aan kanker oorgee. Jou brein sal in beroerte verdrink en die dood sal jou in ‘n ewige vuurpoel intrek.

Darenteen sal vergifnis jou vry maak. Daardie vergifnis waarvan Jesus ons 70 x 7 hemelse mandjies vol gegee het. Die gif verander oornag in ‘n heuningsoet genade, waarmee ons ons harte kan vul en ons Verlosser tegemoet kan stap.

Dan kan ons bid … VaderHeer, vergewe ons ons sonde en laat ons ook hulle vergewe wat ons in aanvalle, in onverstaanbare twis en haat, probeer breek en vernietig en dit geniet as ons seerkry ons tydelik tot stilstand bring. Amen amen Here.

Geniet ‘n wonderlike Sondag!

©adéle theron
Foto: Pinterest/Internet
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Silwerblink trane
« Reply #1 on: July 01, 2018, 09:22:45 AM »
Sjoe!! Jou woorde laat my diep diep nadink matertjie. Treffende voorbeelde en ek sal nooit weer na trane en vergifnis anders kan dink as wat jy hier vir ons so kosbaar met die abc geskets het.  :love7: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Silwerblink trane
« Reply #2 on: July 01, 2018, 06:19:44 PM »
'n Mens vergewe, want die gif van haatdraende gedagtes vergiftig net jouself.  Vergifnis maak jou vry!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Silwerblink trane
« Reply #3 on: July 02, 2018, 12:26:01 PM »
Dis die spil waarom my lewe draai, lief PM en Raaitjie.
adéle  :grommit: