• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skoonma probleem

Started by Meraai vannie Baai, June 09, 2018, 05:22:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Skoonma probleme. (Geskaai met erkenning van ons 'Afrikaans in Australia' blad)

'n Getroude paartjie is in 'n gruwelooslike ongeluk waar die man se gesig erg verbrand word.

Die dokter deel mee dat die man se vel elders nie geskik is vir 'n veloorplanting nie. Sy vrou skenk vir hom vel. Die enigste gepaste vel is van haar boud.

Aangesien dit 'n delikate geval is besluit die paartjie om niemand te vertel waar die vel vandaan kom nie

Na die veloorplanting is die dokter verbaas om die resultaat te sien. Die man was selfs meer aantreklik as wat hy voorheen was.

Een dag word die man redelik bewoe en bedank sy vrou vir haar opoffering.en se, "Ek wil jou hartlik bedank vir wat jy vir my gedoen het. Hoe kan ek jou ooit terug betaal?"

"My liefling", antwoord die vrou, "Ek kry al die dank wat ek nodig het elke keer wanneer ek sien jou ma soen jou op jou wang!".

Anastasia

Bwah!  Ja nee kyk, dis 'n terugkry soos min.   :bootyshake:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

#2
My vrou sê altyd ek het net met haar getrou omdat haar ma klaar getroud was. Ek was baie lief vir my skoonma maar sy is ongelukkig vroeg van ons af weg agv asbestosis.
MAAR... die skoonma wat die samelewing in my kop skep is een aaklige teef. 😉
Sy weeg 212 kg en dit is net haar linker bors. Die res van haar pas nie op die skaal nie.
Haar mates was 33 - 24 - 34. (En dit is net haar regterbeen)
Sy sit haar 'make up' met 'n troffel en 'n roller aan.
Laas toe ons haar see toe gevat het was daar 'n tsunami in Japan. Ons het ook al ons dae gehad met 'n walvis-bul wat haar met alle geweld huis toe wou volg.
As sy voor die TV verby loop mis jy drie episodes van 7de laan.
As sy agteruit loop maak haar selfoon 'Beep... Beep... Beep...'
Sy het vanoggend aan altwee kante van die bed wakker geword.
Die poskantoor het vir haar haar eie poskode toegestaan.
Hulle het dit reggekry om haar af te neem met 'n wyehoek lens. Toe hulle die foto ontwikkel weeg die foto 25 kg.
Sy gebruik 'n angle grinder om haar beenhare te sny en 'n kettingsaag om haar toonnaels te trim.
Haar voete is so skurf,  sy loop haar skoene van binne af deur.
Laat ek eerder hier ophou.  Net nou dink julle sy is lelik.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Heheheheh, hierdie skoonma beat my. Jittetjie, ek is sooooo verlig. Naas, jy is my hero maat  :bootyshake: :icon_biggrin:

Anastasia

'n Skoonma is net so goed en mooi as die oe waarmee jy na haar kyk.  Ek geniet egter die skoonma grappies terdee.  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!