Hie hie, "Hoë bloeddruk, lae selfbeeld" Jy kan so snaaks wees. Ag jong, oudword is net vir die dapperes onder ons. Ek was so hartseer, toe ek 38 was is die grootste vriendin wat ek ooit in my lewe gehad het, op 34 oorlede. Sleg griep gehad, was drie dae in hospitaal, en is toe ontslaan. Ek het nog die aand vir hul gesin kos en gebak geneem. Ek het dit dikwels gedoen. Ek haat (nou nog) naaldwerk, en enige herstelwerk aan klere het sy vir my gedoen. Sy haat weer kosmaak, en het ek menige dae as ek eenskottelgeregte maak of bak, twee van elk gemaak en vir Tina gevat. So neem ek weer daardie dag en sê toe sommer, wag, laat ek al my bakke kry wat al van vorige kere daar rondstaan. Hande vol bakke is ek by die deur uit. Sy roep my toe terutg en sê ek moet haar eers 'n drukkie gee.
Ons was rerig so close, kon alles deel, maar nooit was ons egter demonstratief met soentjies of drukkies nie. Ek sê toe nog: Damnit, Tina, nou moet ek eers al die bakke weer neersit om jou 'n drukkie te gee! Wat ek toe wel doen. Stywe drukkie. En so is ek daar weg. Volgende dag net na skool kry ek die oproep sy het by haar huis in die gang inmekaargesak, met haar 8 en 10 jarige kids by haar. Sy is daar dood. Met die kids wat die ambulans gebel het en moes toekyk. Beide is vandag mediese dokters. Weet nie of die gebeure daartoe impak gegee het nie.
Dit is een mens se lewe en dood wat my nie onveranderds kon laat nie. Ons vriendskap was so spesiaal. My kinders hele paar jaar ouer, maar sy het so ou ou Datsun bakkie gehad. In die ry kon sy die sleutels uithaal en verder ry!
Of hom start met 'n naelvyltjie! So het ons die kids agterop gelaai, by die groentewinkel gestop vir wortels, (en altyd skelm twee Whippie Bars). Dan perdestalle toe. Die dogters het die perde geroskam en wortels gevoer en die twee seuns het met die bakkie op die stalgronde rondgery.
Tina en ek het op koeldrank kratte tussen die rooi Thabazimbi stof gesit, ons pleated skirts van destyds wat hang in die stof, en ons Whippie Bars geeet en gefilosofeer oor ons volgende dieete en hoe mooi en maer ons nog eendag gaan wees!
Ai, die onthou vanmore! Wat ek EINTLIK wou sê: ek het so baie gedink hoe onregverdig dit was dat sy wat so mooi mens was so jonk moes sterf. Maar, met die oudword en al sy dinge, wonder ek soms of jong afsterwe nie eintlik 'n bedekte seën is nie?