• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe weet jy dat jou vriend goed getrek was?

Started by Meraai vannie Baai, June 02, 2018, 01:23:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek het hierdie gedeel vanuit 'n blad vir Afrikaners in Aussieland.

Al stry hy hoe, as jou drinkemaat die stortkop in sy arms neem en soebat om op te hou huil, was die ou getrek. Finish en klaar  :headbang:

Naas

My vrou het eers agtergekom ek is 'n alkoholis toe ek een aand nugter by die huis aan kom.
As jou klere in die oggend op die bed lê en jy hang oor die stoel is die kanse goed dat jy die vorige aand dalk 'n rooietjie te veel gehad het.

:angel8:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Iewers is daar 'n geskrif van PM wat ek bewaar het waarin sy 'onthou' van 'n soortgelyke aand. Vermoed dit moet in die kroeg gebeur het  :icon_biggrin:

PM

Ek soek nou na die opsomming wat jy van Pieternella van die Kaap gedoen het, toe kom ek hierop af.  Die enigste kroeg wat ons besoek het  (in die Kaap) was by die proefontein.  Praat jy van die aand toe Naas soos 'n konsertina van die trappe afgekom het?  (lag)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek darem nou wraggies lekker. Ek vermoed dit is die ene PM. Nou moet ek dit net opspoor lol.

PM

Ek verlang geweldig Kaap toe, na Naas toe, na Trappies toe, na al my maatjies wat so stil is toe.  Ons het wonderlike tye saam geniet toe Hannes daar aan die stadion gewerk het.  Manne, dit was heerlik verby!
Om te weet is om te verstaan.