Author Topic: Dinsdagoggend memoirs  (Read 3526 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Dinsdagoggend memoirs
« on: May 29, 2018, 09:09:58 AM »
DINSDAG-OGGEND MEMOIRS

My eerste herinneringe as kind is onder ons ou groot Lukwartboom, besig om met verbeeldingsmaatjies en fantasiekarakters te speel.  Ek was ‘n laatlam, en altyd maar op myself aangewese.  Ek het dit geniet, en vertroetel.  Ek kan glad nie ‘n gevoel van eensaamheid of afsondering oproep nie.  Dit was wat dit was, en dit was goed.
 
My gunsteling tyd van die dag, was net voor slaaptyd.  Dan het my pa of ma vir my stories uit die Afrikaanse Kinderensiklopedie, volume 10 gelees.  Dit was vol stories.  Meeste daarvan Mitologiese verhale uit die Griekse- en ander antieke kulture.  Ek het myself daarin verloor.  Gou het ek ‘n plan gemaak (op ongeveer 4 jarige ouderdom) om die lekker nog ‘n entjie uit te rek: wanneer die lig afgeskakel is en almal gaan slaap het, het ek ‘n flits nadergetrek en onder my kombers die stories sit en bekyk, en myself stadig geleer om dit verder te lees. 

Op 5 is ek skool toe.  Nie graad R nie.  Daar was nog nie so iets nie.  Graad een.  Ek dink ek het my ma mal gemaak tuis met al my vrae.  So land ek in juffrou Holtzhausen se klas.  Sy het op ‘n stadium my mond vol koek gestop om my te laat ophou vrae vra en gesels.  Maar dit het nie die honger na woorde gestop nie.  Slegs ‘n ongesonde liefde vir glutien bevorder! 

Ek moet darem hier byvoeg dat sy later ‘n groot vriendin van my ma geword het.  Ek sal nooit vergeet hoe mooi my ma Juffrou Holtzhausen se sitkamerstel gestoffeer het nie.  Ai, die herinneringe wat so in die vertel opduik!  Ek onthou nog die materiaal en die patroontjies, so goed. So ‘n roesbruin payslee patroon.

Vanaf graad 2 het ek honger tuis gewag vir my twee ouer susters wat onderskeidelik in standerds 6 en 8 was (vandag se grade 8 en 10).  Ek het hulle voorgeskrewe boeke en gedigte uit hul tasse gehaal en begin lees. Woorde het saamgesmelt en towermatte geword waardeur ek deur die wêreld gevaar het.  Dit was geheime deure wat oopgegaan het!  En agter elke deur was my eie ‘secret garden’.

As ek ‘n kind was in 2018, sou ek seker met die een of ander kondisie of sindroom gediagnoseer geword het, en ‘n reeks pille moes gebruik.  Ek het nie in ‘n vierkantige boksie gepas nie.  Glad nie.  Maar (my pa, veral) het my andersheid, my kunstigheid en skeppingsdrange verstaan, en verder aangemoedig.  Hy was my ‘mannetjie in die kas’.  As ek iets werklik begeer het, as die wêreld my gedruk het, of as ek sommer maar net lus was vir ‘n lekkertjie of ander bederfie, het ek die ‘mannetjie in die kas’ opgekommandeer. 

Hy het fisies in die kas geklim, en deur sy neus lang gesprekke met my gevoer, en meestal ‘n bederfie daar vir my gelos.  My Daddy.  Ons Griekse prins met die klein postuur, groot spiere en nog groter hart.

Vandag, op ‘n Dinsdag in 2018, sit ek en dink: so min het in ongeveer 55 jaar verander.  Ek pas steeds nie in die vierkantige boksie nie.  Ek vlieg nog gereeld op woordmatte deur ‘n towerwêreld.  Woorde van ander.  Ook woorde van my eie.  Ek vertoef steeds as die besige lewe van verpligtinge my toelaat, tussen my verbeeldingsmaatjies en fantasiekarakters wat my goedgesind is.

Ek het intussen ook die magiese misterie van musiek ontdek.  Musiek wat jou kan transporteer na ‘n omgewing waar jy in harmonie met jou binnepit kan word.  Ek dink soms ek is dalk die enigste mens met ‘n ingeboude klankbaan wat my eie tema musiek speel vir elk van die lewe se geleenthede en uitdagings. 

Ek is tevrede met my lewe.  Ek vra nie veel nie.  Dit SOU lekker gewees het om ten volle verstaan te word.  Natuurlik.  Maar dit is soos dit is.  In my andersheid het ek al vir so baie ander deure oopgemaak.  Want daar is ook ander wat in hul eie Alice in Wonderland betowering vasgevang en eenkant van die norm neergesit is.

Maar soms, net soms, maak die misinterpretasie en ontkenning van die mens se reg op sy eie uniekheid, diep seer.   Word jou andersheid waarin jy dinge aanpak, jou besieling en passie rondom dinge wat vir jou saakmaak, totaal buite konteks vertolk. En dan, dan val jy ‘plop’ van jou towermat af, en maak hard met die grond kennis.  En dan, aangesien jy ‘n ‘overthinker’ is, soek en tas jy rond, verdwaal in die kastyding wat jy jouself toedien.

Dan wens jy weer vir ‘n ‘mannetjie in die kas’.  En dan, asof van vêr so beskik,  blaai jy lusteloos een aand deur flieks, en kom af op die een oor J.K. Rowling (die skrywer van die Harry Potter reeks)  se verhaal.  “Magic beyond Words”.  En dan besef jy maar net weer:  mense is so anders in hul eendersheid.  En dat dit goed so is.  En dat dit ook goed so is dat almal dit nie sal verstaan nie. Al maak dit soms van jou ‘n randfiguur.  Wat op die soom van aanvaarding huiwer.   
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #1 on: May 29, 2018, 09:16:00 AM »
Hier wil ek weer kom stilstaan en lees. Vir nou neem ek hierdie saam as padkos: mense is so anders in hul eendersheid
:icon_salut:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #2 on: May 29, 2018, 09:23:53 AM »
Dankie, Raaitjie.  Dit is beslis 'n groot bordvol, mens moet verseker 'n 'doggy bag' hiervan neem.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #3 on: May 29, 2018, 09:42:47 AM »
So bly jy verstaan  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #4 on: May 29, 2018, 10:22:43 AM »
As jy so stadig verduidelik verstaan ek vinnig...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #5 on: May 29, 2018, 10:34:14 AM »
Dankie, Naas
« Last Edit: May 30, 2018, 12:18:10 PM by Anastasia »
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #6 on: September 11, 2018, 11:53:44 AM »
Dit is regtig 'n hartvol gedagtes.  Dankie vir die deel hiervan Anastasia.   :icon_study:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Dinsdagoggend memoirs
« Reply #7 on: September 11, 2018, 03:00:32 PM »
Dankie vir die belangstel in my woorde en gedagtes, PM
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!