• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vanaand het stilte om my kom vou

Started by adele, May 21, 2018, 07:05:31 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Vanaand het stilte om my kom vou

die ewige ruimte wat uitstrek
tot anderkant waar geen einder lê,
konsertina ineen om my te beskut-
om my te beskerm teen die seer-
teen die onvaste tolbosswaai
wat my voete lendelam laat trap;
my voete wat gister nog flink kon stap.

Vanaand het die horison geskeef;
onder tsunamie van krakende aarde
het die uitgestrektheid gebuig,
maar weer karos God se liefde
soos 'n tjalie van sagte sybokhaar
warm om my skouers en my hart,
al verstuit ek my tree met 'n swik
in die los dryfsand van swaar nuus-
daar waar gister nog goeie grond was.


©adéle theron
adéle  :grommit:

adele

'n Paar dae, week of drie gelede gegriffel toe ek gehoor het my vrindin se man, baie goeie vriende van my op die dorp, ook maar deurlyf is van kanker .... maar dit gaan goed met hom, hy het net baie gewig verloor. hy het chemo geweier en gaan nou al maandelank aan met natuurlike middels, ek weet nie wat nie. hy het 'n ruk lank cannabis gebruik, dis al wat ek ken.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek dink jy het die emosies wat ons as geliefdes van hulle wat oorlog voer teen die groot K ervaar, ongelooflik verwoord mater! Ek is 'n groot voorstander van alternatiewe, meer natuurlike behandelinge.

PM

Koue rillings wat selfs my kopvel laat wringel Matertjie.  Pragtig geskryf, soos altyd. 
Om te weet is om te verstaan.