• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is agressiewe behandeling nodig of gewens?

Started by PM, May 02, 2018, 04:58:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons woon mos nou hier in die "oumensdorp" en ek hoor dikwels mense gesels oor 'n dierbare wat baie swaar gekry het na chemo.  Die vraag is, moet 'n mens of moet jy nie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
Na ek gesien het waardeur my sussa gaan het ons hele gesin besluit dat 'n mens baie mooi moet dink voor jy kanker wat reeds ver verspreid is, so intensief laat behandel. Ek kan nie glo HOE my arme sus na slegs 'n paar behandelinge lyk nie. Haar niertelling soms so dat sy nie behandeling kan kry nie. Shingles het haar vir dae blind gelaat en sy is gedaan. Vandag kry sy haar volgende chemo maar emosioneel so gebreek dat sy eers die sielkundige moet sien.

PM, ek het hierdie by die ander kanker-plasing van my nou net gedeel. Het my sus jou vraag gevra en haar antwoord was hartbrekend.   

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4165.msg27951#msg27951