• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek is 'n skaapkop

Started by PM, February 25, 2018, 01:53:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek is mal oor skaapkop en nou vertel die wat dink hulle weet alles, dat ek 'n skaapkop is.  Hulle vertel dat jy is wat jy eet.  Is jy 'n koolkop, of 'n haas, omdat jy mal is oor wortels?  Ag toe, vertel my nog!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Ek is dan 'n koeksister - soetigheid is beslis nie my gunsteling nie maar 'n stroopsoet koeksister kan ek nie weerstaan nie. Genadiglik kan ons dit net by die Afrikaanse winkels in die stad kry!

PM

Jy kan bly wees!  (lag)

Ek is ook 'n riller, want ek hou daarvan om rillers te lees.  So seg hulle ook dat jy is wat jy lees!  Rerig?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

O my genade!!! My vriendin is 'n grillerige rooiwyngemarineerde skaapkop!!!  :pottytrain2:
Ek kan nie eintlik hier antwoord nie want gebiltongde wetenskapfiksie is te droog om te praat. As ek is wat ek drink is ek nog 'n koffiemoerige gebiltongde wetenskapfiksie.
Maar gelukkig is dit in elk geval net fiksie. My oupa het altyd gese dat jy niks moet glo wat "hulle" se nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is maar dom Naas en verstaan nie hierdie ingewikkelde praatjies wat "hulle" praat nie. 
Hoeveel snertpraatjies ken julle nog?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As daar nou snertpraatjies is waaraan ek 'n broertjie dood het is dit: "Jy kan nie dat die kind so kaalvoet loop nie, hy/sy gaan siek raak."
Verdomp, Adam en Eva het vyeblare gedra maar nie skoene nie en hulle was sondig (seker agv die gejeuk) maar beslis nie sieklik nie.
Die primere skool waar my seun skool gegaan het, het die kinders toegelaat om kaalvoet skool toe te gaan. Behalwe Maandae wanneer hulle saalbyeenkoms gehad het. Die skool doen dit vandag nog. Daar is geen gesonder mens as Wouter nie. Hy kry omtrent nooit eers 'n verkoue nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nou praat jy.  Ons het almal (ons kinders) kaalvoet groot geword sonder siektes! 
Ek sien deesdae se babatjies dra almal kappies.  Die eerste week word hulle net "ge-olie! Ha-ha. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

En nog 'n ding... Ek is nie vet nie!!! Ek het net 'n swak geraampte wat ek goed moet verpak. So los my lyf soos hy is. Dieet is net vir mense wat daarvan hou om hulself te straf deur honger te gaan slaap.  :nono:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

'n Mens moet met jouself saamleef en as jy gelukkig is met hoe jy lyk en voel, moet ander dit aanvaar.  Dit is hoekom almal lyfies het!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hulle seg ook: 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.  Ek het 'n groot liggaam, dus het ek ook 'n groot gees.  Ha-ha. 
Beteken dit dan as jou liggaam siek is is jou gees ook siek?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek voel heel onheilig op die oomblik  :headbang: wat dit vir my menswees en gesondheid voorspel wil ek liefs nie weet nie  :toothy4:

PM

Nou is die tyd om jou re omring met prettigheid en laggies  vir die pyn. 
Om te weet is om te verstaan.