• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As Sondag te lank raak

Started by adele, February 20, 2018, 11:22:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

As Sondag te lank raak
en elke uur homself van die ooste tot oor
die horison aan die weste uitrek,
vind jy 'n ander betekenis
in die woordjie alleen ...

staan jou beker langs die ketel
met een skeppie koffiepoeier in,
want die enêmmel koffiepot
met duisend stories in sy maag,
is nou te groot vir jou alleen

en treur daar buite nog die Wilger
brand die son ongenadig neer
oor kurkdroog veld en vlei,
smeek jy God om die natuur te seën
knielend langs jul bed, jy alleen

Uiteindelik koel die breë rondomstoep
in skemeraand se loom tot lou
bring die nag se talle rondrolure
die oggend stadigaan nader
saam met die week se werk vir jou

alleen ...

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Sou ek so graag my koppie langs joune wou neersit. Ons hoef nie eers te praat nie. Net saam sit. Pragtig en seer het jy die alleen vasgevang tussen lyne.

adele

adéle  :grommit:

PM

Ek kry altyd rillings as ek jou goed lees.  Sooo dankbaar dat jy dit met ons deel. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

adele

en vir baie meer mense raak Sondae nou lank en alleen ...
adéle  :grommit:

PM

Dit is iets waaraan ek nooit gewoond sal raak nie, dit is alleen.  Ek lief stilte en rustigheid, maar daar moet iemand wees om dit mee te deel. 
Ons was die 19de 51 jaar getroud.  Ek sal dit nie maak om alleen te wees nie.   :glasses7: :glasses8:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Dis wanneer mens in die diep kant ingegooi word, inval, dat jy die troos en krag kry om te KAN. Eintlik moet elke mens, sonder om daaroor te tob en depressief te raak, in jou agterkop weet dit kan gebeur.
adéle  :grommit:

PM

Dit is altyd op die voorgrond by my.  Al wat 'n mens kan doen is om te hoop dat jy die krag sal kry om daar deur te kom wanneer dit met jou gebeur. 
Ons laaste kleinkind het gisteraand Engeland toe vertrek.  Nou is ons behoorlike weesouma en -oupa.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.