• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek soek na....

Started by Gerhardus Ebersöhn, February 05, 2018, 09:07:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gerhardus Ebersöhn

Kan Afrikaanseforum 'n kategorie skep waar mense na dinge soos vergete gedigte, digters, skrywers, boektitels, wat ookal, navraag doen?

Soos ek wat omtrent niks kan onthou van die gedig wat ons in die vyftigerjare van die vorige eeu gehad het om 'te leer' nie; die naam dink ek was 'Aand' en die digter CM van den Heever? Asseblieftoggie, help uit! Ek dink die gedig was in 'Groot Verseboek', as dit mag help.

Meraai vannie Baai

 :`ip2: Soek-hoekie (nou gaan ek heeldag neurie aan 'ek soek na my Dina, my Dina...'  :icon_biggrin: *Nou wonder ek self, wie het nou weer die liedjie geskryf? Gerhardus, ek glo ons forummoedertjie sal jou binnekort antwoord.

* C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [Tradisioneel]

Gerhardus Ebersöhn

#2
Baie dankie vir die vinnige antwoord!

Nou wil ek ook nog weet: Ek wil graag die 'boek', 'Die Hart van die Evangelie', wat alles wat ek ooit geskryf het in 380KB op 217 bladsye opsom, saamvat, bevat en weergee, vir Afrikaanseforum gee om op die forum te laat verskyn sodat dit deur almal, gratis, gelees en oorgelaai en gebruik kan word.

Daarvoor wil ek die Word-lêer na PM e-pos om daaroor te besluit.

Ek stel aan u die kenmerke van hierdie werk:
Dit is uniek en die eerste in meer as een opsig.
Alhoewel net so bietjie meer as die laaste drie hoofstukke van die vier Evangelies,
behels die boek kwantitatief sowel as kwalitatief, 'Die Hart van die Evangelie'.
Dis die enigste een-man vertaling van die Evangelies in Afrikaans tot op hede.
Dis die enigste en eerste drie-talig interlynige samestelling in enige taal met die Grieks en Engels (KJV vir kontrole).
Tegnologies- (rekenaar-)gewys, blitsig, volledig en foutloos effektief.
Maklik, doeltreffend en vrugbaar ewe bruikbaar vir ongeleerd en geleerd.
Kan op enige tuis-drukker gedruk word.




   

PM

Ons het 'n afdeling  "Die inligtingskantoor".  Daar kan jy vra vir hulp Gerhard.


Ek wonder of jy "Dropbox" ken.  Dit is 'n program waar jy groot hoeveelhede inligting kan "drop" en mense nooi om dit te lees. 


Ons het op Woes nare ervarings gehad met Godsdiens.  Daar is mense wat geen respek het vir 'n ander se siening nie en dit dan sleg aanval.  As jy dropbox of 'n ander soortgelyke legger wil gebruik kan jy dit so deel met mense wat belangstel.
Om te weet is om te verstaan.

adele

Hallo Gerhardus
Gaan jy omgee om jou boek aan my te e-pos? Ek sal dit graag wil lees   :icon_study: 
adéle  :grommit:

PM

#5
Dankie Adele, ek voel so sleg om sulke inligting weg te wys, maar jy weet wat in die verlede gebeur het.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Verstaan jou punt ten volle mater. Ons het op die harde manier geleer. Die dropbox voorstel is puik.

PM

Ons doen ons stamboom op dropbox.  Dit is uitstekend daarvoor.
Om te weet is om te verstaan.

Gerhardus Ebersöhn

#8
Nog nie iemand wat my met die gedig kan help nie?

Ek het internet probeer maar alles is deesdae so gekommersialiseer en ekke, het niks geld nie. My boeke, kosbare afrikana, en 'n magdom ander boeke in Afrikaans, Hollands, Engels, Duits, Frans en Russies, het ek vir Kemptonpark se openbare biblioteek geskenk. En toe ek eendag iets wou gaan naslaan ... g'n enkele boek daarvan op enige rak nie!

Waaroor ek die slegste gevoel het, was my moeder se versameling eerste druk uitgawes van kosbare werke soos 'Uit Oerwoud en Vlakte', 'Hans die Skipper', 'Los Donkies', en.... die digbundels!

So paar jaar terug kon mens nog Afrikaanse gedigte met soekenjins vind; maar dié plekke is deesdae skoonveld op internet. Dis hoekom ek gedog het Afrikaanseforum sal kan help. Maar jy weet wat Dog gedoen het...

Nou kyk die stjoepit rekenaar, ek skryf 'Dog', dan skryf die ding 'God', dan help ek die drommel reg, dan verbeter hy my hulp ndodgea,,, net so! 

Gerhardus Ebersöhn

Quote from: PM on February 06, 2018, 10:23:47 AM

Ek wonder of jy "Dropbox" ken.

Nee, ek ken nie 'Dropbox' nie. Kan u my asseblief daaroor inlig?

Gerhardus Ebersöhn

Quote from: adele on February 06, 2018, 11:12:37 AM
Hallo Gerhardus
Gaan jy omgee om jou boek aan my te e-pos? Ek sal dit graag wil lees   :icon_study:
Stuur u e-posadres na my toe, biblestudents@imaginet.co.za, dan stuur ek vir u die Boek. 'Boek', want dis maar net die Bybel, nê. Moet seblief niks anders verwag nie...


PM

Ek het die verseboek by die huis, maar tans is ek by my seun in Pretoria.  Ek sal dit gaan opsoek en vir jou laat weet sodra ek tuis is.

Dit is werklik hartseer as 'n mens sulke kosbare boeke verloor. 
Om te weet is om te verstaan.

Gerhardus Ebersöhn

Quote from: Gerhardus Ebersöhn on February 06, 2018, 09:57:21 PM
Quote from: PM on February 06, 2018, 10:23:47 AM

Ek wonder of jy "Dropbox" ken.

Nee, ek ken nie 'Dropbox' nie. Kan u my asseblief daaroor inlig?

Toemaar. Het gaan kyk. Vang jou met 'n slap riem, 'Betaal later'. Thanks but no thanks.

PM

Ek gaan nou huistoe en sal laat vanmiddag of dalk more oggend vir jou help.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek soek en soek na die gedig maar kry niks Gerhard.
Ongelukkig sal Dropbox jou nie gratis kan help nie. Hulle gee 'n klein spasie vir beginners, die res moet jy betaal.  Tik gerus Dropbox op jou soekbalkie en lees wat hulle skryf.
Om te weet is om te verstaan.