• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

karringmelk-aartappels

Started by adele, January 31, 2018, 01:54:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Nav my rondsoek na karringmelk-plaasvervanger die ander dag, plaas ek die resep vir sous vir aartappels

500ml karringmelk / melk met asyn of suurlemoensap suur gemaak
1 pk wit uiesoppoeier
250gm gesnipperde spek
1 groot ui gekerf
gaar aartappels
gerasperde kaas

braai uie en spek tot bros (ek gooi 1t suiker en skeut asyn oor my uie terwyl dit braai)
meng soppoeier en melk in kastrol en kook paar minute tot sop gaar is
meng sop en spek/uie bymekaar

skep oor oopdrukte aartappels of sny aartappels in skywe, pak in 'n oondvaste bak met sous oor, strooi kaas bo-oor en sit paar minute in 'n warm oond tot kaas lekker gesmelt het.

Ek lief natuurlik 2 uie en strooi ook speserye na smaak op die aartappels voor ek die sous oorgooi. Oppas net vir té sout want die soppoeier is ook sout.

Sous kan ook na smaak dunner gemaak word met bietjie warm water wanneer dit gemeng is.
adéle  :grommit:

PM

Heerlik heerlik.  Dankie vir die deel matertjie. Ek sal dit beslis probeer.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek ruik dit amper!! Gaan beslis probeer.