• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is jy in die pekel.

Started by PM, January 30, 2018, 03:32:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Wanneer ek braun maak met varkkop, dan pekel ek dit eers vir 24 uur. 
Op my resep,  3 liter water en 1 kg sout, plaas jy 'n aartappel of 'n ertappel in die oplossing en as dit sak tot op die bodem, dan voeg jy nog sout by.
As die tappel op en af beweeg, dan weet jy die oplossing is sterk genoeg. Slim ne.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

WOW!! Slim verby. Nooit te oud om te leer nie  :toothy4: :book1: :notworthy:

NS: Ek het gedog hier kom 'n ding... iemand het drooggemaak en jy gaan vir ons goeie prokurower se nommer gee  :bootyshake: :icon_biggrin:

PM

Ha-ha, nee.  Dokters en prokureurs val in dieselfde "kategorie" wat my aanbetref.  Ek vertrou hulle net so ver ek hulle kan sien.  (Skuus vir die goeie dokters en prokureurs wat daar is, kom stel julself bekend asseblief.) 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As julle my storie "kleinhuisie" lees sal julle sien hoekom ek so lugtig is vir Braun en Haaksel.
Maar ek bly mal oor afval ( dis nou die wat mens eet anders hou ek eerder van bo-bly)



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.