Author Topic: sederberg 4  (Read 4136 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
sederberg 4
« on: June 30, 2011, 07:51:54 AM »
Saterdag aand weer lekker gebraai en kuier en gesels maar die moeg en vaak het ons sowat 2 ure gouer bed toe gejaag

Sondag oggend na al die nodige oggend dinge soos die vorige oggend het ons weer gaan stap. die oggend was daar 5,7 km om te stap en nie 11 soos die vorige dag nie.

voor ons vertrek wag ons so bymekaar vir 2 manne en ek let op hoe die windjie stoot en soda die grassies beweeg kom daar so wolk stuifmeel uit. toe weet ons ook waarom 3 van die manne so erg hooikoors gekry het.
hier roer oom pieter die gras met sy stapstok en jy kan sien hoe die stuifmeel uitkom.




hier staan ons by jan oosthuisen se kamp. na jan so paar jaar gelede van sy vrou geskei het het hy vir 3 maande man alleen hier gekamp en die veld plat gestap. hy sal sy rugsak pak en vir 'n week wegbly en van die veld lewe en dan weer terugkom.



hier stap ons lekker in die pad maar die lekker stap was gou verby toe ons in die sandbulte kom. dan voel dit of jy wil 4x4 low range gebruik.



op die ou werf is die skaapwagterhuisie so onder 'n oorhang rots gebou. tussin die rotse aan die agterkant is 'n nou opening en dit was as kraal gebruik. hy kon aan die binne kant in die kraal sien want die mure aan die binne kant is net 1,5 meter hoog en nie tot teen die dak nie.

die deur kosyn 's 'n ou riempies bed se buite raam.
die stene is net gebou op die rots sonder om reguit te bou . so op en af soos die kontoere was maar reg.







dit was die mense wat laaste daar geboer het se 2 ling seuns se buitekamer. daar was 'n strooidak op wat later jare gebrand het. die een was Jannie en hy is so paar jaar gelede vermoor toe hy en sy werkers 'n vuur se rook in die veld sien. hulle ry toe daarheen en daar is toe 2 manne wat op hulle skiet en hom doodskiet en toe later ook sy vrou in die huis dood geskiet. dit was nie op hierdie plaas nie maar ook nie ver van daar nie.



aan die oorkant is kagga kamma



ek was al by 2 geleenthede by wat ons by hierdie plek gekamp het



hierdie lyk na dans toneel die man speel op die drom wat op 'n staander staan



man en vrou wat dans
die vrou het hoepelrok aan en haar arm is ingehaak by die man





die hele toneel


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.