• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uitnodigings

Started by adele, December 06, 2017, 06:16:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Die jaar snel alweer gly-gly afwaarts einde toe. Ons het min gekuier, maar baie verlang. Ons liewe PM het onlangs eers laat val dat sy 'n baaaie moeilike jaar deurgemaak het, gereeld haar einde bedink het, maar danksy die geleerdheid en aardsheid van 'n ksuiespesialis, draf sy nou al amper weer draaie deur die bos.

Raaitjie se positiewe uitreik en sonstraallewe het ons almal geraak. Sy het net nie einde nie. Gereeld kom gooi sy nog 'n stukkie raad/raat hier af wanneer hulle oorvlieg.

Kom kuier so vir oulaas saam, kom plaas 'n spesiale reseppie wat ons almal in die kuierfeestyd kan beproef. Kom verlig ons woordplasie met lanternwoorde en stap saam die nuwejaar binne.

Angelica, PM, Gawelina, Trappies, Fransi, Sharon, Ah Willa, Aspoestertjie, Naas, Wikus, Ans Botha, Anicia, Elsabe, Anze, Anastasia, Meraai vannie Baai, Marinda, Karel, Werner, Maruis, JeannedArc, Wêrelde Weg, Bloubefouterd, en almal wat ek vergeet het.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Sluk die uwe dan nou aan die knop in my keel terwyl ek vir ieder en elk die tafel dek, wat hier verby kom.