• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebakte spinasiegereg (Ook vir ontbyt)

Started by PM, November 08, 2017, 11:43:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Gebakte spinasiegereg.  (180 C vir plus minus 20 minute.)

Hierdie is 'n ideale gereg om vir ontbyt te maak. 

Twee groot hande vol spinasie, gestoom, opgesny en al die water uitgedruk.
(Ek maak altyd 'n paar pakkies en bêre dit in my frieskas.)
1 Pakkie bacon, opgekerf en in ghee gebraai tot gaar.
Voeg die spinasie daarby en laat afkoel.

Roer 4 eiers (geklits) in 'n koppie kaas met 1 telepel Dijon mosterd.
Meng dit met die spinasiemengsel wat afgekoel het.
Voeg so 'n 100ml room by en roer deur.

Plaas die mengsel in 'n vuurvasteskottel en rasper nog 'n bietjie kaas bo-oor.
Bak tot die eiers gaar is en as jy wil kan jy die oondgereg bruin bak.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit klink heerlik. Sal laat weet as ons probeer het!