Hoe bly is ek dat ek hiernatoe gestuur word!! Hier by ons kom so af en toe 'n 'nurse' of twee aan, saam met iemand van ons hoofkantoor, 'n lid van die mediese fonds vd staat en 'n (sjjjjjhhhh) masseuse ....
Amper soos die ou tyd se klinieksusters wat die skole besoek het en ouerhuise opgedons het as die kindertjies verwaarloos voorgekom het... in immunisasie, tand-of oogsorg ens ens Julle onthou mos!
In elk geval, hierdie nurses ken nie van stetoskope of so iets nie, hulle sit net so 'n bandjie om jou arm wat aan 'n masjientjie gekoppel is wat dit self oppomp en bloeddruk lees. Dan prik hul jou vinger en drup 'n kleine druppeltjie bloed op 'n plaatjie, sit dit in 'n masjientjie wat dan 'n (jou) suiker- en cholesterollesing gee. So iets, dan is dit klaar.
So kom ek nooit by hulle uit nie, want ek kom nie uit die kantoor uit nie, iemand moet 'skeleton staff' wees as al die ander wegloop. Maar so twee weke gelede het ek ook weggeloop en my skouers gaan laat masseer en klok toe by die nurses in vir 'ondersoek'. Toe vertel daai masjientjie my cholesterol is te hoog .... maar my bloeddruk is gelukkig baie laag, so nou kanselleer die twee mekaar mos uit, is my redenasie. En met my suiker in plek, is ek heel gesond, reken ek. My kind stem nou nie saam met my nie, maar dis sy probleem
My middel is bietjie baie te rond vir my lengte en ek moet nou 'diet", glo minder eiers en vet kosse eet. Wel, ek eet min genoeg, sjokoholis wat op kondensmelk en piesangs, wildsvleis en slaai en bietjie kaas kan leef. So wat nou? Was nog nie dr toe vir die cholesterol nie maar sal ook nou liewer nie gaan nie.... Net nou kry ek pille wat my gesondheid opdons