• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gids vir die gebruike van Lennons

Started by Meraai vannie Baai, July 27, 2017, 03:57:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai


PM

Dankie vir die plasing Raaitjie.  Ek is besig om vinnig op te vang.  Ons het nou meer opvangs.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sien nou eers die plasing. Hier is nogals n paar rate vir my kwale.


:icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Behoedmiddel vir kinders:  Tande kry en maagkwale.   Help 'n bietjie.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Behoed in "ou" Afrikaans beteken om op te pas of gesond te hou.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie man, ek dag dit is om kinders te behoed om tande of maagkwale te kry.   :icon_salut:  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ha ha ha ... PM, of dalk so voor-laboratoriumtydse voorbehoedmiddels ....
adéle  :grommit:

adele

Ekke lees ook met aandag deur daardie lysie, en besef toe dat hulle nog nooit besef het dat Turlington  seker die beste raat ooit bied, nl as teenvoeter vir maagswere/maagsere .... wat ookal. Saam met kondensmelk het ek nog niemand hoor sê dit het nie vir hulle maagseerplekke of dreigende sere gehelp nie.
adéle  :grommit:

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het net gou weer na die gids kom kyk.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#10
WOW. Adele ek gaan dadelik myse moeder laat weet van die turlington en kondensmelk. Weet jy in watter mate dit geneem/meng moet word?

adele

hoe kon ek hierdie gemis het ... een blikkie kondensmelk en een botteltjie Lennon se Turlington, meng dit goed en sluk een telepel elke oggend. As jy reeds 'n seerplek het waarmee jy sukkel, sluk vir 'n paar dae een teelepel vol voor elke ete, drie maal per dag.

Maar weet, dit ruik-proe soos teer. Ek het myne in die vrieshokkie gesit, nou nog maar ek eet net af en toe, so twee keer per week daarvan ...Dan skep ek 'n teelepel so rondom, sit dit op my tong en sluk dit met melk of selfs vrugtesap af. dan proe ek minder daarvan.
Googloer bietjie en sien hoeveel mense getuig daarvan.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Kan nie help om te giggel vir hoe jou gesig lyk as jy die towermiddel sluk nie maar glo dat dit die moeite werd is.  :icon_biggrin:

PM

Mal oor jou  "Googeloer" Matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Bloos ek PM, Raaitjie ... maar proe maar. Weet julle, mens raak gewoond daaraan  :love7: 

Raaitjie, kry jul Lennons by jul ook?
adéle  :grommit: