Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Uit die ossewa se medisynetrommel => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 27, 2017, 02:57:40 AM

Title: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Meraai vannie Baai on July 27, 2017, 02:57:40 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gid%20vir%20lennons.jpg)
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on December 11, 2017, 10:25:13 AM
Dankie vir die plasing Raaitjie.  Ek is besig om vinnig op te vang.  Ons het nou meer opvangs.
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Naas on December 11, 2017, 10:46:26 AM
Sien nou eers die plasing. Hier is nogals n paar rate vir my kwale.


 :icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on December 11, 2017, 11:05:46 AM
Behoedmiddel vir kinders:  Tande kry en maagkwale.   Help 'n bietjie.
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Naas on December 11, 2017, 03:04:05 PM
Behoed in "ou" Afrikaans beteken om op te pas of gesond te hou.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on December 11, 2017, 03:10:22 PM
Dankie man, ek dag dit is om kinders te behoed om tande of maagkwale te kry.   :icon_salut:  :icon_biggrin:
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: adele on December 12, 2017, 03:02:57 PM
ha ha ha ... PM, of dalk so voor-laboratoriumtydse voorbehoedmiddels ....
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: adele on December 12, 2017, 03:05:00 PM
Ekke lees ook met aandag deur daardie lysie, en besef toe dat hulle nog nooit besef het dat Turlington  seker die beste raat ooit bied, nl as teenvoeter vir maagswere/maagsere .... wat ookal. Saam met kondensmelk het ek nog niemand hoor sĂȘ dit het nie vir hulle maagseerplekke of dreigende sere gehelp nie.
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on December 13, 2017, 02:59:42 PM
Die voorouers het geweet wat werk! 
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on May 03, 2018, 03:26:56 PM
Ek het net gou weer na die gids kom kyk.
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2018, 05:36:02 AM
WOW. Adele ek gaan dadelik myse moeder laat weet van die turlington en kondensmelk. Weet jy in watter mate dit geneem/meng moet word?
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: adele on May 21, 2018, 05:56:49 PM
hoe kon ek hierdie gemis het ... een blikkie kondensmelk en een botteltjie Lennon se Turlington, meng dit goed en sluk een telepel elke oggend. As jy reeds 'n seerplek het waarmee jy sukkel, sluk vir 'n paar dae een teelepel vol voor elke ete, drie maal per dag.

Maar weet, dit ruik-proe soos teer. Ek het myne in die vrieshokkie gesit, nou nog maar ek eet net af en toe, so twee keer per week daarvan ...Dan skep ek 'n teelepel so rondom, sit dit op my tong en sluk dit met melk of selfs vrugtesap af. dan proe ek minder daarvan.
Googloer bietjie en sien hoeveel mense getuig daarvan.
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 10:54:18 PM
Kan nie help om te giggel vir hoe jou gesig lyk as jy die towermiddel sluk nie maar glo dat dit die moeite werd is.  :icon_biggrin:
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: PM on May 22, 2018, 01:13:39 PM
Mal oor jou  "Googeloer" Matertjie. 
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: adele on May 22, 2018, 01:18:54 PM
Bloos ek PM, Raaitjie ... maar proe maar. Weet julle, mens raak gewoond daaraan  :love7: 

Raaitjie, kry jul Lennons by jul ook?
Title: Re: Gids vir die gebruike van Lennons
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2018, 10:40:32 PM
Ek vermoed dat die Suid Afrikaanse winkeltjies dit dalk kan invoer maar andersins nee. Sou mens dit self probeer aankoop en pos vanuit SA gaan dit gekonfiskeer word hierdie kant soos wat met PM se pakkie na ons toe gebeur het jare gelede :crybaby2: