• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Cleopatra-uur

Started by adele, January 26, 2017, 07:45:31 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'n Cleopatra-uur

Wanneer jou vingers om myne sekelvou, hardloop yskristalle ruglangs teen my lyf af en die skadu's dans 'n Strausswals in die wind wanneer jou oë die groen in myne ervaar. In die diep donker woud roep 'n Figaro Overture ons nader na mekaar, raak-raak jou lippe my oor en gly af- tongtippie teen my kuiltjie en langs my nek ... gee ek willoos my plek prys in die Slawekoor, verstil my asem in 'n Cleopatra-uur se ontdekkingsreis.


©adéle theron[/font]
adéle  :grommit: