• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dis nag, dis stil

Started by adele, December 12, 2016, 07:09:30 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Dis nag, dis stil
en met dagbreek
roep sy van ver, van daar
waar die wind omdraai
en 'n onthou uit haar lewe
oor die horisonkranse waai ...

haar skaam droom, nederig
lê nog veerlig in sy hande
maar sy oë traanblink
haar beeld rimpel op die water
want die aarde het gebewe
en die rots onder haar hart gekraak.


©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

In eerbied kom sit ek hier langs jou lyne in nederige dankbaarheid dat jy jou talent om emosie te verwoord, met ons deel  :notworthy:

adele

Ai, Raaitjie, dis maar sommer net .... dankie, soms voel ek broos   :love7: 
Ander se seer eggo nogals maklik in my hart vas.
adéle  :grommit:

PM

Om te weet is om te verstaan.