• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Blomme in die Weskaap.

Started by PM, August 21, 2016, 07:44:52 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het gisteraand hier in Niewoudtsville oorgeslaap.  Die blomme was maar baie skaars tot hier anderdant
by Matjiesfontein.  Daar is 'n skoupel soos wat ons dit nog nie gesien het by Matjiesfontein nie.

Skilpad het blomme, maar weereens, het ons dit in die verlede gesien dat jy trane in jou oge gekry het.

Daar is blomme langs die N7.  Ons het ook pragtige blomme gesien by Soebatsfontein. 

Op hierdie stadium van die geveg kan jy maar Goegap uitstel.  Ons glo ook nie daar gaan hierdie jaar iets gebeur nie. 

Springbok se blomme is ook skaars.  Nababeep lyk nie te sleg nie, maar ons was al daar dat die blomme soos lawa lyk wat tussen die skeure van die berg afloop. 

Ons gaan vandag 'n bietjie see se kant toe.  Sal laat weet wat sien ons waar.   :wave:

Dankie tog, ek het 'n gatseggie wat werk!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is ons nou in Strandfontein.  Dit reen en die wind huil deur die vensters.   :icon_biggrin:  Ek dink oor 'n week of twee sal die blomme baie mooi wees hier.  Alles was toe vandag.  Hulle seg die blommetjies sal so teen Dinsdag oopmaak. 

Intussen het ons sommer 'n uitnodiging gekry vir more aand vir 'n visbraai.  Ek hoop die weer klaar op voor dan anders gaan ek verkluim.  Dit is bitter koud vir my wat van die bosveld af kom. 

Hier sal julle kan sien waar trek ons. 

Trappies, het jy al vir ons 'n plekkie gekry om te gaan saam kuier?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ons het gisteraand hier in Lambertsbaai oornag, teen die see.  Die blomme langs die pad is baie mooi.  Ongelukkig is die wind koud, 'n mens moet maar tussen 12 en 3 reis. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Mense, ek was vandag in trane oor die mooiste mooi skouspel tussen Elandsbaai en so 15 kilometer duskant Laaiplek.  Mensig, dit is viskikkik mooi.  Plate en plate blomme aanmekaar.  Die reenboogkleure deurbekaar geweef. 
Hier slaap ons nou vanaand in Jacobsbaai.  In die museum.  Tog is dit goedkoop (R650 is mos goedkoop vir hierdie tyd van die jaar) en as ons nog 'n nag wil bly kry ons nog 'n beter tarief.   :icon_biggrin:

Toer is harde werk.  Dalk sal ons 'n dag oorstaan en 'n bietjie rus. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jaloers op mooie manier. GENIET matertjie. Kan nie wag om te sien hoe dit lyk nie. Het op FB paar fotos gesien wat maters gedeel het en dit was asemrowend mooi.

PM

Ek wens jy was hier, ek is oortuig daarvan dat jy dit net soveel sou waardeer as ek en Hannes.  Ons sal later die foto's aflaai en dan sal ek kyk of ek 'n plasing kan doen.  "n Bietjie dom jy weet!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

O jong dit klink so lekker.

Ek wens ons het ook tyd om so te toer. Eendag.   :toothy4:

Geniet dit julle tweetjies.

:angel12:

Ah Willa

PM gaan julle net teen die Weskus bly kuier of sien ons julle hier in Kaapstad/Goodwood ..
sou jou graag wou kom ontmoet - maar ons motor is dalk nou finaal van die pad af .. dit is innie tjor-hospitaal in 'n duisend stukke .. die oom met die olie-oorjas loer nog of te sien of dit sommer part-goed moet word en of hy dalk nog 'n wonderwerk uit dit kan toor ...

en tans besig om Theo te homeschool .. ek sal later kom vertel hoekom .. tyd nou min .. geniet die blomme
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ek voel ook soos Trappies, sou werklik begeer om eendag so 'n toer te kon doen... sommer soos 'n kriek onderdeur die blomme wou stap. Geniet dit dubbel, vir ons almal se part ook xxxx
adéle  :grommit:

AB

ek is bly julle kon blomme raakloop langs pad. geniet die kuier en as julle wil kom loer in, dalk sommer wyn proe ook.......

PM

Dankie jullie Matertjies dat julle hier kom antwoord. 

Willa, ons wil baie graag met julle almal kontak maak.  Ons mis julle almal ongelooflik baie. 

Kan julle dalk 'n voorstel maak van hoe en waar ons bymekaar kan kom en waar ek en Hannes kan oorbly?
Dalk kan ons 'n plekkie kry waar almal kan kom saam kuier?  Ons koop 'n vleisie en maak 'n braaitjie.  Met braaibroodjies, nie pap nie.   :icon_biggrin:  Ons is in die Kaap.  'n Vissie op die spyskaart sal ook natuurlik baie welkom wees. 

Willa, dalk kan ons 'n plan maak om vir jou en André vervoer te reel.  Ons moet net iets reel.  Ons wil ook graag baie dankie sê vir nog 'n tydperk wat julle so onbaatsugtig na die forum omsien. 

Naas, jy is so rustig soos 'n daggawalm?  Hoekom hoor ek niks van jou nie?

Om te weet is om te verstaan.

PM

AB, ek kan mos nou nie in die Kaap rondflenter en nie by jou 'n draai maak nie!  Is daar 'n plekkie naby julle waar ons kan oornag?  Ons sal baie graag 'n draai wil kom maak en dalk 'n vissie op die vuur gooi. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Adele, ek lief die "sommer soos 'n kriek onderdeur die blomme wou stap".  Ons, dit is nou ek en Hannes, het al letterlik op ons magies gelê en foto's onder die bosse geneem. 
Dit is asof die bosse meer water gekry het as die blomme en agter elke bos is daar 'n skouspel van blommetjies wat in die koelte van die bosse baai. 

Ek is so bitter jammer dat jy nie hier in die Kaap is nie!
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit klink heerlik! Geniet elke kleur, geur en oomblik. :-)