Author Topic: Engel van die Lig  (Read 1062 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Engel van die Lig
« on: August 16, 2016, 07:39:35 PM »
Engel van die Lig

Amoré
Maandagoggende is ‘n gejaag op Donkerpoort. Amoré vou haar winterkamerjas stywer om haar lyf en krap met vinnige harde hale oor haar arms. Die kombuis is koud. Winters in hierdie ou kliphuis aan die onderkant van die Morrokaanse rante grens aan Europese winters.

Beelde uit haar verlede as model in Europa ontvou in haar gedagtes. Hoe verlang sy nie terug na daardie wille wegholtyd van fotosessies, loopplanke en onthale nie?

Douvoordag Maandagoggende ry hul twee dogters saam met die bure dorp toe, skool toe, koshuis toe. Jan is laasweek op grens toe vir drie maande. Sy bly alleen op die plaas agter want iemand moet ‘n ogie oor die werkers en die plaas hou.

Sy kan nog steeds nie verstaan hoekom Suid-Afrika se mans gaan oorlog-oorlog speel in Suidwes nie. Wat het hulle oorlog met Angola met Suid-Afrika te doen? Al wat gebeur is dat Suid-Afrikaners se lewens ontwrig word.

Wanneer Jan weermag toe gaan, speel Doreen hul oudste “Daar is ‘n man op die grens” van Marie van Zyl, tot wordens toe sat. Sy wens die plaat breek in duisende stukkies. Die verlange na Jan is al klaar so swaar om te dra.

Sy kan net nie die stilte van die plaaslewe gewoond raak nie. Hoe lank is dit nou al wat sy hier woon? Tien jaar, dit voel so onwerklik. Daar is vir net een manier om van die stilte te ontvlug.

In haar kamer haal sy die vaal bliktrommeltjie uit haar kas. Haar medisyne trommel soos sy dit noem. Die meisiekinders weet hulle mag nie in dit krap nie en Jan is nie ‘n nuuskierige mens nie. Die koperslotjie klingel teen die blik terwyl sy daarmee sonkamer toe stap.

Amoré trek die sonkamer se gordyne oop. Dit is nog sterk donker buite. Haastig haal sy die klein sleutel wat om haar nek hang af en sluit die trommel wat op die tafel tussen twee gemakstoele staan, oop.

Amoré pak van die inhoud op die tafel uit, steek die kers aan nadat sy die filter van ‘n sigaret netjies skoon afgesny het met die skalpel in haar trommel. Haar tong flits kort-kort oor haar lippe terwyl sy probeer konsentreer om nie die mengsel van die bruin taai klontjie  en gedistileerde water te mors terwyl sy dit oor die vlam hou nie. Met die agterkant van die gebruikte vuurhoutjie roer sy die mengsel. Plaas die lepel versigtig op die tafel sodat niks van die kosbare inhoud mors nie. Druk die filter vooraan die spuitnaald en trek van die lepel se inhoud daardeur op in die spuit. Vinnig bind sy die rubberband om haar bo-arm en maak haar hand ‘n paar keer oop en toe tot die aar in haar binne-arm begin bult.

Die son spoel oor warm haar lyf, deur haar are, die drukking op haar bors laat haar effens benoud, dis net vir ‘n rukkie … tot die son vir haar skyn.

Sy sien hom deur die skerp sonlig aangestap kom, soos ‘n Engel in die Lig. Die val van sy voete op die plankvloere klippetie-klop voor hy haar in sy sterk arms opraap. Haar bed is wolksag. Sy arms troostend warm, sy aanraking prikkel haar lyf.

“U het gekom!” uiter sy snakkend na asem.
“U my Verlosser, ek is rein, rein. Witter as sneeu het U bloed my gewas. Neem my. Maak my U s’n, volkome.” sy is uitverkore.
“U sal my beskerm, behoed van die gevaar.”

Tevrede gee sy haar oor aan die genot wat die Engel van die Lig vir haar bring.

Dit is al amper middagete toe Amoré tot verhaal kom. Sy stroop die swaar beddegoed van haar af. Die koue brand haar naakte lyf en sy pluk weer die komberse tot onder haar ken.

Sy is kaal. Maar hoe? Haar gedagtes sukkel om die gebeure van die oggend te onthou. Nadat sy die kinders afgesien het vanoggend het sy haar trommeltjie kom haal … Die trommeltjie! Mag die bediendes dit tog net nie gesien het nie! Sy hardloop poedelnakend die gang af sonkamer toe. Geen spoor van die trommeltjie nie ook nie van sy inhoud nie.

Oortrek met hoendervleis snol sy weer terug na haar kamer. Op die spieëlkas staan die trommeltjie lewensgroot vir haar en wag. Haastig bêre sy dit weer op sy plek in haar klerekas.

Drie maande later heers daar ‘n opgewondenheid in Donkerpoort se kliphuis. Die meisiekinders is besig om die sitkamer te versier vir die tuiskoms van hul pa. Amoré is besig om vir Jan sy gunstelinggereg voor te berei. Altans sy probeer, maar die reuk van vleis laat haar maag draai. Die afgelope week is die toilet haar beste vriendin vroeg soggens en wanneer sy kosmaak. Vleis en melk stink vir haar. Daar is nie eens ‘n begeerte in haar om haar mond aan dit te sit nie. Sy sal moet dokter toe, die week nog.

Om van die reuk van die gaarwordende vleis weg te kom, gaan staan sy op die voorstoep waar sy kan uitkyk op die veekrale en die rooi tweespoorpad waarop Daan vir Jan gaan huis toe gaan bring. Haar hand rus beskermend op haar maag. Sy is bly sy dra net driekwartmou rokke want die lentebriesie knyp alweer hier teen laatmiddag.

 

Daan

Jan sal hierdie pad moet kom skraap as hy van die weermag afkom. Sy bakkie skud uitmekaar op hierdie sinkplaatpad wat hulle plase verbind. En dis aan Jan se kant wat die pad so uitgery is, nie aan syne nie. As Jan, sy ouboet, wil hê dat hy sy vrou en plaas moet op pas terwyl hy grensdiens doen, moet hy darem sorg dat die paaie in ‘n goeie rybare toestand is.

Daan parkeer sy bakkie agter die huis. Hy klop aan die kombuisdeur maar niemand maak oop nie. Hy draai die knip en stap die kombuis binne.

“Amoré!” roep hy vanuit die kombuis.

‘n Doodse stilte beantwoord hom. Dalk is sy nog in die kamer. Hy stap af met die gang na die slaapgedeelte van die huis. Klop aan die hoofslaapkamer se deur.
“Amoré?” sê-vra hy deur die toe deur. Geen antwoord.

Hy maak die deur oop en sien die leë bed. Sy is dan seker iewers anders in die huis. Hy stap verder af na die woonkamer. In die sonkamer kry hy haar op die stoel. Haar oopgevalle kamerjas ontbloot haar bene wat effens oopgesprei voor haar uitstrek. Haar kop agteroor op die rugleuning en haar arms hang ontspanne oor die stoel se armleunings.

“Amoré!” sy stem sny deur die oggenstilte. “Wat de drommel?”

Hy tel die inhoud van die vaal trommeltjie een vir een op en kyk daarna, dan na sy skoonsuster. Daan vee met sy hand oor sy gesig. Vir ‘n wyle hou hy aan sy bokkiebaard vas. Pak dan haastig die goed in die trommeltjie terug. Hy kyk na haar toe sy begin mompel.

“U het gekom.”

“Ja. Ek is hier.”

Sy sal in die bed moet kom. Longontsteking is haar voorland. Jan se beeldskone vrou het nie ‘n sterk gestel nie. Daarvoor is sy te fyntjies. Nie soos sy Anna nie. Anna is ‘n ware boervrou. Growwe hande wat ken van werk. Haar lyf wys sy het al ses kinders gedra.

Jan tel Amoré op en haar nagrok skuif op, ontbloot die krullerige driehoekie wat Eva destyds agter ‘n vyeblaar vir Adam probeer wegsteek het. Hy grinnik. So Jan hoef nie vooroggend moeite te doen met onderklere as die lus sy lyf wil laat tentpen inkap nie.

Dit is toe hy haar op die bed neerlê waar die begeerte hom soos vir Adam van ouds oorval.

Amoré het nie teenstand gebied toe hy die skamele kledingstuk oor haar kop trek nie. Net haar sinnelose godsdienstige geprewel.

“U my Verlosser, ek is rein, rein. Witter as sneeu het U bloed my gewas. Neem my. Maak my U s’n, volkome.”

“Ja-ja ek sal jou verlos. En myne sal ek jou maak, vanmôre. Al sou dit nou nie wettig wees nie.” Haar lyf! Sy asem jaag deur sy lippe.

“U sal my beskerm, behoed van die gevaar.”

“Ja.” Sy vogtige lippe soekend oor die genotvolle heuwels van haar lyf.
“Ek is my broeder se hoeder.”

Daan kreun behaaglik toe die klam warmte van haar lyf hom ontvang.
“Jy ís lekker!” hortend val die woorde van sy tong, sy rug trek krom.

 

Jan

Die laaste tien kilometer Donkerpoort toe het vir Jan soos ‘n ewigheid gevoel voor hulle voor die opstal stop.

Amoré was nog nooit so mooi vir hom soos nou nie. Die gloed van die ondergaande son het ‘n stralekrans om haar gevorm. Sy Amoré. Hy kan nog steeds nie sy geluk glo dat hierdie beeldskone vrou hom uitgekies het tussen al die ander army latte op Johannesburgstasie waar hulle die trein na Vryburg moes oorklim nie.

“Die maaltyd lyk verruklik.” Sy oë verklap sy liefde vir haar.

“Boet sal jy vir ons die seën? Jy is mos nou ‘n ouderling.” Jan knipoog vir Daan. Hy druk sy vrou se hand, bring dit na sy lippe en soen haar koue vingers.

“Seën Here wat ons hier mag geniet en ook die hande wat dit voorerei het. Amen.”

Onderwyl Daan met ‘n geswolle stem bid. Loer Jan onderlangs na sy vrou. Toe hy vind dat haar oë op hom gerig is, tuit hy sy lippe asof hy haar wil soen. Die blos op haar wange jaag emosies deur sy lyf wat anker gooi in sy lende. Daan moet vinnig sy ry kry.

 

Amoré

Die dokter se spreekamer ruik na ontsmettingsmiddel. Amoré meld haar by Ontvangs aan voor sy haar beurt tussen die ander besoekers gaan afwag.

“Baie geluk Mevroutjie,” dokter Donnelly steek sy hand na haar uit. “U is swanger.”

Die bloed suis in Amoré se ore. Sy swanger? Maar hoe? Dokter Donnelly se stem draal voort.

“Kom ons werk net gou die datum van konsepsie uit dan kan ons die geboortedatum so om en by bepaal.”

Die Engel! Dit was toe die Engel haar besoek het.

“Wanneer was u laaste ovulasie?”

Sy was geweeg en edel genoeg bevind om Sy kind, ‘n Verlosser te dra!

Later die aand op die plaas

Jan was uit sy nate toe hy hoor dat hy weer pa gaan word.

“Hierdie keer is dit ‘n seun, my vrou!” het Jan gejuig en haar teer teen hom vasgedruk.

Hoe gaan sy aan Jan verduidelik dat dit nie sy kind is nie maar dat sy soos Maria deur die Gees bevrug is?

Jan het dadelik sy broer laat weet dat hulle moet oorkom want daar is ‘n nuweling op pad en dit moet gevier word.

Daan het haar deur die loop van die feesvieringe een kant toe getrek. Sy fletsblou oë het in hare geboor.

“Moenie dat ek hoor dat jy weer van daai inhoud van jou trommeltjie gebruik het nie. Ek watch jou!”

Verward het sy na die opgewondenheid om die braaivleisvuur terug gekeer.

 

Willem

Willem Johannes de Beer is die oggend van 28 Oktober 1979 gebore. ‘n Fris knapie van 3, 289 kg. Hy is die appel van sy pa se oog. Die Verlosser van hierdie wêreld in sy ma se lewe. Sy oom Daan bederf hom tot in die afgrond.

 

Twintig jaar later.

Amoré en haar skoonma kuier in die sonkamer.

“Willem lyk op ‘n druppel na Daan,” opper ouma Sielie de Beer.

“Middag waar is almal?” onderbreek ‘n mansstem die geselskap.

Klippitie-klop klink die voetstappe oor die plankvloer in die gang.

Amoré se hart ruk in haar keel op. Die Engel!
“In die sonkamer Daan,” antwoord ouma Sielie haar seun.

O hier’s julle,” Daan bly in die deur staan sy elmboë druk weerskante van die kosyn bokant sy kop.

“Waar’s daai nefie van my?” hy knipoog vir Amoré toe hy die skok oor die waarheid wat daardie oggend twintig jaar gelede gebeur het, op haar gesig lees.

 

 

©Orange Blue

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Upington is nie vir sissies nie.