• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ta Raaitjie is baie siek.

Started by Naas, August 10, 2016, 08:44:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Onse Ta Raaitjie is in die hospitaal met longontsteking. Bid asb dat sy ook deur hierdie krisis sal kom en dat Outop krag sal kry deur hierdie dae.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie


PM

Ek het hoeka so 'n beklemming om my hart gehad toe ek hoor sy is siek.
Ag asseblieftog laat sy gou beter word.
Sterkte Outoppie.  Ons dink aan julle. 

Baie dankie dat jy laat weet het Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek wil iets sê, maar woorde raak weg ... dink heeltyd in gebed se stilte aan julle xxxxxx
adéle  :grommit:

Fransi


Anastasia

Word tog gou gesond mater.  Longontsteking plaas ekstra druk op n reeds oorwerkte hart en longkapasiteit agv die PH
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Ah Willa

ek is maar stadig in die kraal  - maar ek bid saam vir ons lief Meraai van die Baai
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Weet een van julle hoe dit met Raaitjie gaan?

Anastasia, dit is heerlik om jou raak te lees.  Dankie vir die saam kuier matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ta Raaitjie is volgens haar Fb baie beter en bedank almal wat vir haar beterskap toegewens het.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie


PM

Ag dankie tog!
Dikwels leef 'n mens onder die ulisie dat ons maar almal sommer net daar sal wees vir altyd.
'n Rukkie gelede het ek daaraan gedink:  Wat van ons liefste Raaitjie kom iets oor en ons moet sonder haar aangaan en my hart het in 'n beklemming ingegaan en ek wou verstik sonder asem. 
Vir dae het ek nie vir Raaitjie op die forum raakgelees nie en die duiwel het saggies hier in my oor kom fluister en ek het paniekerig geraak. 
Toe kom die nuus dat ons maatjie in die hospitaal is en toe skrik ek die groot skrik!
Nou hoor ek dit gaan beter en ek hoop dit sal net al beter en beter gaan.
Raaitjie, ons dink aan jou en Outop.  Ek weet uit ondervinding dat die ander-helfte net so swaar kry as die eerste helfte.  Mag dinge nou net elke dag 'n bietjie beter gaan.
Ons vertrou dat jy eersdaags weer hier sal saam kuier. 
Weet asseblief dat ek baie lief is vir jou en jou mis.  Snik-snik!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#11
Is verseker die mees geseendste ouvrou op die aardbodem. Omring met liefde en omgee  :love7:

Goeie nuus vandag: ek is weer by die huis! Vandag ontslaan en was een van die mooiste Maandae in my lewe. Goudgeel! Dankie vir elkeen wat aan ons gedink het. Wonderlik om weer by jou eie voordeur in te stap en natuurlik was die ontvangs hier by die forum ewe gul en liefdevol! Duisend dankies Naas dat jy hier laat weet het. By die hospitaal het ek meestal Outop se pilletjie (tablet) gebruik en ek het hoeka my password hier by die forum vergeet *bloos. So ek kan nie op ander plek weer inteken nie lol. Het probeer maar dan is ek net gas en kon niks plaas nie. Maar gehoop iemand sien op FB wat aan't gange is.

Nou gaan ek vir Outop verder geniet/verpes... die ou siel van my deur 'n moeilike tyd.

Lady:
"My husband just swallowed a paracetamol by mistake, what shall I do?"
Dr:
"Give him a headache now, why waste a paracetamol!"

:toothy4:

adele

   :toothy4:   :toothy4:    :toothy4: 
sooooo bly en dankbaar, rus rus rus ook hoor.
adéle  :grommit:

PM

Welkom welkom welkom.
Ek is soooo dankbaar dit gaan beter.

Vandag ry ons Kaap toe, as ek stil is moet julle weet.  Saans sal ek kom "update".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Mooi ry PM! Adele ek volg jou raad hoor. Gaan nou in my eie kooi kruip  :hello2: