Author Topic: Nogmaals, skryfgeheime.  (Read 5285 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Nogmaals, skryfgeheime.
« on: August 07, 2016, 08:57:25 PM »
Skryfgeheime

Die woord digkuns beskryf dit so mooi.  "Skryf dig". 
Onnodige woorde neem die emosie uit jou gedig uit.  Daar is wel gevalle waar jy in die oefen van gedigstrukture, ook van 'n sekere lettergreeptelling gebruik moet maak, waar die geil woordgebruik onvermydelik is.  Dit leer jou juis om uit "die kassie" uit te klim en 'n styl van jou eie te ontwikkel.
 
Dit is nie almal beskore om 'n volmaakte gedig te skryf met die eerste probeerslag nie.  Die beste skrywers werk hard aan 'n gedig om dit te "vervolmaak".  (Lees gerus NP van Wyk Louw se gedig:  Die Beiteltjie.)

Die titel van 'n gedig is van kardinale belang.  Dit weergee die "siel" van jou gedig, vertel vir die leser wat hy/sy te wagte kan wees in die gedig, die tema waaroor jy skryf.   As jy 'n verrassende einde wil bewerkstellig, moenie die verrassing in die titel uitlap nie.
     
As jou gedig nie vir jou goed op die oor val nie, of jy sukkel om die regte rymwoord te vind, of die metrum (ritme) reg te kry, probeer om jou sin te skommel,  dalk val dit mooi in plek vir jou.   

Woorde "praat" met 'n mens en dan moet jy luister!  Pen en papier, of 'n stemopnemer is altyd handig vir woorde of frases wat jy graag wil onthou.  Die meeste skrywers sal vir jou sê dat 'n goeie sinsnede of frase maklik in die niet kan verdwyn.

Wees oplettend.   neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde wat beelde, of emosie skep.

Daar is soveel "woordbeiteltjies" (die gereedskap tot jou beskikking) om 'n goeie gedig te skryf.  Leer dit en leer om dit toe te pas.  Oefen dit op 'n gereelde basis.

Moenie bang wees vir kritiek nie. Luister aandagtig daarna.  Kyk of jy iets daaruit kan leer, dit is tog die doel van kretiek.  Die kritikus kritiseer slegs die werkstuk en nie die skrywer nie.

Lees die woordeboek.  Enige skrywer se grootste bate is 'n goeie, nuwe woordeboek.  Woorde kan nie regtig oud word nie.  Dit kan net nuwe lewe kry.  Moenie skroom om daardie nuwe lewe in 'n ou woorde in te blaas nie.  Dit kan interessante onderwerpe word vir 'n nuwe gedig.  Soek na die beste woorde om die  emosie wat jy wil oordra uit te beeld.  Pharos se Tesourus van Afrikaans is onontbeerlik.

Lees ander skrywers se werk met elke geleendheid wat jy kry, maar moenie jou werk met 'n ander s'n vergelyk nie.  Daar is nie 'n vergelyk nie.  Elke gedig of storie is uniek.  Let op wat jou pla in ander skrywers se werk en vermy dit.  Probeer is die beste geweer en aanhouer wen. 

Daar is baie style wat ewe suksesvol is.  Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit.

Ken die reëls, alhoewel die skrywer digtersvryheid het, is daar wel reëls, taalreëls en spelreëls wat nagekom moet word.  Dit onderskei die ingeligte van die oningeligte.  Skaf "Woordelys en spelreëls" aan, asook "Skryf Arikaans van A tot Z".
 
Hou jou werk netjies.  Moenie toelaat dat nalatigheid jou in 'n swak lig stel nie.  Verstel die skakel op jou rekenaar, sodat dit nie elke nuwe verstreël met 'n hoofletter begin nie. Dit kan jou duur te staan kom wanneer 'n proefleser jou werk moet nagaan.

Ek haal Meraai vannie Baai se woorde aan:  "Hervul jou skrywersink gereeld uit die stilwordbottel." 

Onthou, jou woorde is 'n nalatenskap wat sal klingel, lank nadat jy "verhuis" het.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nogmaals, skryfgeheime.
« Reply #1 on: August 08, 2016, 08:17:47 AM »
Ek is nou stil... maar net weens die feit as ek my mond oopmaak blaf ek soos strooisbrak  :bootyshake: Dankie vir die matertjie. Lekker om jou wyshede weer raak te lees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nogmaals, skryfgeheime.
« Reply #2 on: August 08, 2016, 12:01:22 PM »
Ha-ha, 'n strooisbrak!  Toemaar, hulle sê mos blaffende honde byt nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nogmaals, skryfgeheime.
« Reply #3 on: July 30, 2018, 11:01:58 AM »
By hierdie bydrae het ek melding gemaak van NP van wyk Louw se "Die Beiteltjie".  Wanneer ek diè gedig lees ervaar ek die gefladder van skoenlappers in my are!  Man!  Ek life dit!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Nogmaals, skryfgeheime.
« Reply #4 on: August 10, 2018, 01:35:37 AM »
Ek gaan vrymoedigheid neem en hierdie skat wat ek ontdek het, ook hier deel vir die ouens wat hulle ink wil hervul onder leiding van die groot meesters:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4286.msg28881;topicseen#msg28881


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nogmaals, skryfgeheime.
« Reply #5 on: August 14, 2018, 02:22:53 PM »
Dankie Raaitjie, dit is altyd welkom.
Om te weet is om te verstaan.