• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Elisabeth Eybers uit "Die vrou en ander verse"

Started by Fransi, August 02, 2016, 07:48:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Herinnering

As kind het 'k eens die maan se ronde skyf
langsaam sien uitswel bo die silwer vlei
om saggies soos 'n seepbel weg te dryf
en tussen yl popliere in te gly.

Agter my in die donker was 'n raam
vol lig en mensestemme en gelag
en in my angs en weekheid sonder naam
terwyl ek op die maan se loskom wag.

Die res is alles duister en verward ...
Van tak tot tak het hy gewieg ... ek weet
nog net dat die gekneusde gras se geur
soos naeltjies was en dat ek skielik seer-
gekry het van die inkrimp van my hart
en met my pols die trane weggevee't.

Elisabeth Eybers se "Maria" was vir my as kind so mooi dat ek ook wou skryf. 

adele

Pragtig! en "Maria" is nog altyd my gunsteling ook.
adéle  :grommit:

Fransi


PM

Pragtig.  Dit voer my terug na die verlede, die dae toe ons nog kinders was.  Elisabeth was dikwels op die voorgrond in die Afrikaanse klas. 
Om te weet is om te verstaan.