• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

so paar kiekies

Started by Lox, June 25, 2011, 02:23:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

is koud in die boland vandag en seker die res van die land ook.





is mooi ook hier
en seker in die res van die land ook


honne is bly wanneer die weer breek en hulle gou 'n stukkie kan gaan bene rek buite.



ons rose blom nog steeds



en ons ander tuin troetel diere wat vir hulle self sorg is ook gelukkig



sommige waag dit in die huis ook



toe ek vanoggend wou ontbyt eet vang my ook iets wat soos 'n brood krummel lyk op die tafel en eers wou ek dit afvee maar sien toe dit beweeg.



die outjie (ek het sy naam vergeet) is 7 mm lank en 3 mm breed. hy was later nie meer gelukkig dat ek aanmekaar so naby aan hom kom met die kamera nie. seker gedink dis 'n moewiese kanon. hy het my so met paar ogies dopgehou. ek het hom toe liewer op die vensterbank gesit dat hy nie moet seerkry nie.



as dit so koud is wil hulle net voor die verwarmer lê en braai.






wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Lox

so lyk die berg voor die huis vandag



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is pragtig,  al lyk dit so yskoud! 

Hierdie naweek wat berby is het ons geweet dit is koud.  Die yswind het deur murg en been gesny!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jy is baie duidelik 'n natuur mens. En diereliefhebber. Yip, ons streek is pragtig al is dit koud (solank ek kan binne bly en kiekies kyk na hoe dit buite lyk). Oor 'n paar maande is die wingerde weer groengroen.
elle

Lox

jys reg angeliek, ek hou van die natuur, hou nie van dorp of stad nie. ek hou nie eers daarvan om Rawsonville toe te gaan nie, en die dorpie is nog nie eers 1 km x 1 km groot nie.

waar in die weskaap bly jy dat jy ook ons groen wingerd sien?

die een mooi van die wes kaap wat ns het en die res van die land nie is dat dit altyd groen is. in somer is die wingerd groen en in die winter die graan lande en graan wat ons in die wingerd rye saai.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

En wat van die wingerde se pragtige kleure in die winter? 

Om te weet is om te verstaan.

Lox

eintlik herfs kleure, maar dit raak al minder soos ons wingerd plant met al minder virusse, die kleure is die gevolg van virus besmetting in die wingerd wat ons nie eintlik wil hê nie. die wingerd sonder virus se blare raak net bruin en val af, maar dis ook mooi.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is interessant Lox!  Dankie vir die deel van hierdie stukkie kennis. 
Om te weet is om te verstaan.

PM



Ek sal maar later weer probeer.  Die forum wil nie my kiekies wys nie.  *lag*

Om te weet is om te verstaan.