'n Vriend van ons het 'n plek daar by Chidenquele (shit en qwell)
langs die meer. Dit is ongeveer 5 kilo's van die see af. Daar is drie pragtige huise wat elk 10 persone kan slaap. Alles is nog nie 100% klaar nie, maar dit is al baie mooi. Die huise is so 25 meter van die meer af.
Die pad van die teerpad af is nogal sleg, veral as dit reen en ons het omtrent ses dae reen gehad. Hulle seg in die somer gly jy in die sand.
Ongelukkig was die boot in Nelspruit vir herstelwerk.
Ons het 'n paar plekke langs die see besoek en seekos ge-eet. Dit was ook heerlik om op die strand piekniek te hou.
Ek sal die foto's aflaai en 'n nuwe onderwerp begin. Gee net kans.
Dit kan net lekker wees om saam te kuier, maak nie saak waar nie.