Ons praat ook oor mense se algemene sin vir waardes. Baie mense het geen intigriteit nie. Hulle heg geen waarde aan 'n kontrak nie, het nie 'n selfbeeld of selfrespek nie. Weet niks van "my woord is my eer" nie.
Respek vir ander is 'n rariteit.
Ek wag vir JC in die motor en sien 'n blanke man wat 'n pakkie sigarette gekoop het uit die winkel kom. Hy maak die pakkie oop en gooi sy papiere net daar in die straat. Ek weet nie wat oor my siel geloop het nie, maar ek vra hom wie dink hy gaan sy papiere agter hom loop en optel. Hy kyk my aan asof ek van die maan af is. Hy ruk sy lyf in 'n ander rat in en stap net aan. Ek tel dit toe self op en gooi dit in die blik wat net daar staan.
Wat het van ons waardes geword?