• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Afrikaanse uitdrukking gesoek vir 'snaccident'

Started by Meraai vannie Baai, May 14, 2016, 05:00:54 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Lees ek nou die volgende raak: die persoon beweer sy het nie aspris gewig aangesit nie - dit was 'n snaccident. Nou wonder ek,  sal so gewigtige oepsie nou 'n snoepsie wees in Afrikaans? Kom help  :book1: :bootyshake:

Assie

"snoepsie" is 'n pragtige woord vir "omymagtagdaareeteknouperongeluknbloksjokeladeineensittingalleenop"

Mooi so Ta Raaitjie


:mumum:

Meraai vannie Baai

#2
En jou suikersoet-tameletjiewoord is sooooooo gepas daarby Assie. Welgedaan  :notworthy: :hello2:

PM

Ag nee, ek hou niks van daai woord nie, dit maak my net lus, belustig, honger, kouering, snoeperig, ens.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie

'n Snoepsie op sy tyd is soos brood en konfyt
doen jy dit reg sit jou jeupe uit
al noem jy dit 'n liplekblunder
jou magie raak nie dunner
om per ongeluk so duk te word
is 'n suikersoete boeresport

Daai snoepsigtige liplekblunder
wanneer ons die yskas plunder
daai maak die lewe die moeite werd...


:mumum:

Meraai vannie Baai

#6
Ek trippel opgewonde en dink by myself, geseend is ons om vir Assie met haar wysheid in onse midde te he. Ek verlustig my aan elke snoepige lyntjie  :toothy4:

Liplekblunder  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut:

PM

Werklikwaar.  Ek geniet elke lyntjie.
Iemand vra vandag vir my wanneer kry hulle boek drie, seg ek, sodra die skrywers weer wil skryf.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ffffrikidel... Hoe het ek die gemis.
As die suiker jou beetkry
En die ouderdom jou boepry
Smul jy die sjokolade
Weggesteek vir gade
Want wat vroulief nie weet
Veroorsaak jou nie leed.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

OOM NAAS!!! EK GAAN VIR TANNIE ELMARIE VERTEL!!!

:mumum:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het hierdie snoepgoed baie gemis.  My dag was besiger as besig, nou kom ek gou 'n bietjie "aflaai".   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.