• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hemelvaartsdag

Started by adele, May 05, 2016, 04:23:36 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Here, ek kom vanoggend voor U kniel
my hoof gebuig want opkyk kan ek nie
die sonde wat my bedek maak my verleë
ek sukkel met U wet op die klippe
wat ons van Moses se tyd af moes leer
ek ontvang van U oorvloed in my oes
maar dra nie daarvan oor aan die bedelaar
ek kan loop en sien en die oggend hoor sing
maar gebruik nie my tyd om ander te vertel
van U grootheid gebring aan Israel ...

dan voel ek 'n koel wind oor my waai
asof 'n kombers weg van my af swaai
'n Lig laat leef die grond rondom my
tot langs my loop die voete van Iemand
wie se hand my optrek tot ek regop staan
Hy deurboor my hart met sy sagte oë
vertel my om lewenslank net in Hom te glo
en ander te vertel om dieselfde te doen
Hy gaan nou weg om vir ons plek te berei
waar ons vir ewig saam met Hom gaan bly!

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


adele

dankie baie  :love7:  hiermee aan Hom al ons eer en lofgesange
adéle  :grommit: