• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

sommer net ...

Started by adele, April 26, 2016, 11:31:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

sommer net ...  :toothy4:

ja toe, so het die dag begin
'n gat vir ander gegrawe
toe val jyself pens en pootjies daarin

gedink jy gaan hom skaakmat sit
sy oordeel geen uitkoms bied
toe kom daar dadels van

wolf in skaapklere het jy
stories rondom sy karakter versprei
maar iemand het snuf in die neus gekry

so het jou planne geboemerang
en jou leuens en fyn uitgewerkte planne
is aan die groot klok gehang

dis 'n bitter pil om te sluk
maar deur skande en skade
sal wysheid nou hopelik jou dade beperk.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

 :hello2: :icon_salut: Boektoe gesegde-verse hierdie mater!

PM

Pragtig Adele.  Ek lief dit.

Dit laat my dink aan die wonderlike dae toe ons heerlik gespeel het met hierdie gesegdes.  Dit moet beslis opgeneem word in ons grafieke!
Om te weet is om te verstaan.