• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

du toitspiek nr 2

Started by Lox, June 24, 2011, 09:58:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

hier is duideliker foto van du toitskloof pas




besig om troing in mekaar te sit




windlaaier se toring





walter was in beheer van die projek ( sy besigheid)  en het besluit dat die helikopter die troing moet optel. hy het die heli vir 2 dae gehuur en dit het R40 000 gekos vir die 2 dae. die vorige dag het hulle op hawekwas berg ook 'n toring opgesit.

die pilot het gesĂȘ dat as die toring enigsins gana ruk aan die heli gaan hy die band losknip dat hy nie val nie. daar waar die toring is, is nie land plek nie en hy moes laag hnag dat walter die band wat aan die tornig se punt was aan die heli kan vasmaak en dan oplig. die heli moes eers opstyg en dan as die toring begin oplig moet hy opstyg en agtertoe beweeg tot toring heel reg op in sy staander staan wat ons vroeer vasgebout het. soos hy opgetel het, het ons die anker kabels deurgetrek en styfgehou. die heli pilot het nogal gesweet maar dit was suksesvol.






walter is tevrede



brandvleidam van die berg af gesien


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ek het ook sommer 'n hol kol op my maag vir daardie pilot se part!  Baie dankie Lox,  dit is baie mooi.  Die foto's van die pas is uitmuntend en die staande toring!  Wow!
Om te weet is om te verstaan.

Lox

plesier, iewers moet nog fotos wees, ek moet net soek.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Lox

voor die pilot daai toring opgetrek het met die chopper was hy nogal vol senuwees. hy moet opstyg en dan soos die toring optel moet hy agtertoe ook vlieg want die toring se voet was reeds op die voetplaat se skarnier vas geboud.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is baie gevaarlike werk!  Hy kan   :hello2:  by my kry!!!
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ons het sonpanele aan deep cycle batterye gekoppel om die radios aan die gang te hou.



onse ou dorpie Rawsonville doer onder.





sommer net mooi om os oor die berge uit te kyk



corrie het opgeklim en die lugdrade op die toring gaan vasmaak



die heli moes ook darem eers parkeer.





maak seker dat die windlaaier werk.



kabels moet gekoppel word



corrie vat 'n ruskans, daai skielike hoogte laat mens se asem nou jaag.



ons moet netnou  hier af ondertoe.



staanplek waar ons moet vandaan huistoe gaan



veilig terug op die onderste grond



sjoe om te dink ek was 10 minute gelede daar op daai hoogste piek





by my lift vir die dag



was 'n wonderlike ervaring gewees en 'n voorreg om daar te kon help werk al was ek nie vir die dag se werk betaal nie.


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Pragtige foto's Lox.  Beslis nie 'n werk vir iemand met hoogtevrees nie!
Ek sou ook gratis gaan help het!  Net die rit en die kans om daar bo te wees sou genoeg beloning gewees het. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

ek ken mense wat opgeklim het daarheen, 2 dae se werk en so dag se afklim.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.