• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die forum se begrafnis (?)

Started by Meraai vannie Baai, March 13, 2016, 07:22:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Voorbodes, spoke en geraamtes wat woordloos ratel wyl die skrif teen die grafmuur in neon weerkaats... is dit net ek of is hier reeds 'n gat gegrawe? Ons nog almal doenig op FB, het ons die lus verloor om in die woordsandput te speel of het ons saam Woes gesneuwel???

"ABC begrafnis"

Assie

Ek het gister met Tannie PM hieroor gepraat. Ek dink ons sal maar deur sulke stilstuipes gaan omdat ons net 'n paar is wat deelneem en die gesels soms opraak.
Ek kom dwaal gereeld nog hier in die kerkhof se gange rond as my eie spoke my beenkamers in die middernagtelike ure beset. Dan wonder ek wat van die blomme geword het wat ons eergister nog natgegooi het.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Amper skrik ek my des dinges toe vanoggend Assie! Wou kom loer wie dwaal rond en daar is die hele forum gesluit - dog ek nou't ek rerig spoke opgejaag met my voorbode-begrafnis. Sal nou elke keer as ek my lam skrik in eensaamheid jou woorde onthou  :notworthy: Aaklig om so alleen deur die gange te dwaal en myself om elke hoek 'n in vreemdeling vas te loop. Gelukkig is hulle lief vir lees en ek loer maar af so oor die skouers van ieder en elk  :icon_bigsmurf:

adele

Ek verlang so terug na 'n lewendige forum ... nie na die afkrakende dele nie ... het nogal gehoop die nuwe blad se mense gaan hier wil inskakel, maar hulle het iets anders verkies. Ek gaan ook nie daar inskakel nie, want ek kan nie die fooie elke maand bekostig nie.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

So verlang ek saam jou Adele. Nooi jou (en almal wat hier inloer) vir 'n  :coffee2:

adele

spesiale vuurpyle vir ons koffiekuier   
:toothy4:  :coffee2:    :love7:    :coffee2:    :toothy4:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Net vanoggend vir my skoonsus getik watter wonderlike voorreg dit vir my is om nog in Afrikaans saam geliefde maters te kan kuier   :love7: :notworthy: :coffee2: :hello:



Skies vir die mors in my haas om gou vir jou roomkoffietjie te bring  :icon_bigsmurf:

adele

adéle  :grommit:

PM

O nee, ons hou nog lank nie begrafnis nie.  Die forum is net op 'n sabbatsreis.   :angel4:  Sodra almal na almal verlang sal hulle weer kom kop uitsteek en 'n handjie waai. 

Ek wag nog vir AB om te kom vertel van sy nuwe wyn wat teen hierdie tyd al gebottel moet wees. 

Hierdie week het Koedoeskop se NG gemeente volkspele gehad as deel van hulle jaarlikse fees, en toe verlang ek stukkend na Adele. 

Sien ek so nou en dan, as ek dit regkry om te gevreet boek,  almal se gatseggies daar. 

Die geskrifte en "gewaarhede" tussen die forumlyne is goud werd en al verkies baie om nie meer hier te kuier nie, sal dit altyd vir my kosbaar wees. 

Tog wil ek almal nooi om asseblief weer net te kom inloer en te sê  "DAG  DAAR!"   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


adele

   :toothy4:    :coffee2:    :coffee2:    :coffee2:   :toothy4: 
hi almal, tyd dat ons 'n oggendtee reël en almal wat kom lees, maar nooit aanklop nie, innooi. Komaan vriende, hier is baie versteekte talent en ons verlang na geselskap. Almal wat reeds lid is, kom begin 'n gesels, al neem dit soms 'n paar minute [lees:dae   :toothy4:  ] kom gesels ons wel saam.

kom deel julle kuns, vertel van jul liefdes ens. Hier raak pos nie weg soos op fb nie en dit kos julle niks nie.   :coffee2:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


PM

Die laaste paar maande gaan dit beroerd met my.  As my rekenaar nie siek is nie het ek nie opvangs nie.  Kom ons hoop dat dinge nou uitgesorteer sal word.  Ek is nou hier in Centurion by oudste. 
'n Bloeddruk van 232 het my gou stad toe gejaag.  Nou is ek op die brille en pille en voel so vrot soos 'n bok wat leeg gevreet is. 
Oom dokter seg dit is heeltemal normaal na so 'n hoe bloeddruktelling.  Hou tog tuime vas dat ek gou weer normaal voel. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

So het my ma gesê:

brille is 'n oud-of-jonk-ding,
dit help om enige iemand verder
- of dalk nader as jou arm te kort raak-
beter en helderder te laat sien

maar, het sy gewaarsku,
vir plooie oraloor
van jou hande tot jou voete
en nie net om jou oë

en pille vir als van hoë bloeddruk
tot jou waterwerke en meer,
ook hartkloppings en wandelende bene
en senior minerale en vitamiene
moet jy eerbiedige respek hê ...
hulle kom net saam met die ouderdom!

©adéle theron    :toothy4:    :love7: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Oi joi joi daardie telling is skrikwekkend om die minste te skryf PM! Sterkte mater. Ons dink aan jou en hou alles kan gekruis vir algehele beterskap.  Adele ek lig die hoed en knak my knieg vir jou ma se kostelike insig op menswees en oudword! 
:headbang: :love7: