Ek moet hierdie pad onderdeur
dekades-oue hoë bome stap;
sommige verwese maar die ander
deur ds Moffat se hande geplant,
is nog lowergoen in boodskap
en koel skadu wat die Kalahari bekoor
Ek kyk na die kerkmuur
en voel aan die harde swart klip;
hoeveel moes die kappers verduur,
hoeveel hamerslae met beitel en pik?
Maar hul het geweet hulle gaan hier hoor,
die Verlossings-Evangelie oor en oor
Die mure is maklik twee voet dik
op fondasie stewig soos die Woord;
die dak vervang want gras en hout
het na al die jare reeds vergaan,
maar ons weet die Kruis en Boodskap
van Christus sal vir ewig bly bestaan
Hoe vol vreugde het ds Moffat
hier op die kansel van klip gestaan,
sy Setswana-vertaling reeds in sy hand?
Hoe ver het God sy pad heen-en-weer gelei
om die Wonderwoord tot hier te versprei,
maar wie kon dit lees en iemand vertel?
Daarom ook die skooltjie om elkeen te help.
Eerbiedig kniel ek langs die bank
hoe dan anders Heer, as om U te loof
vir elke sendeling wat uit U Woord
Christus se Verlossing bring?
Aan elkeen wie nog hiervan moet hoor-
wees U ons genadig en open hulle oë
om alles wat U skenk soos ’n kind te kan glo.
©adéle theron