• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Deeg vir hoenderpastei

Started by PM, January 29, 2016, 01:53:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir 'n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak "in die deeg in". Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ewig dankbaar vir ons gas wat hier kom aansit het  :notworthy: PM, jy is 'n ster mater!!

PM

Ek het gisteraand die lekkerste kluitjies gemaak.  Dit is regtig goedkoop en maklik.  Kyk gerus by Petra se modderkoekies. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Het gaan loer en kwyl nog steeds  :toothy4:

Naas

Die een gaan ek sommer die week proebeer.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Jy moet groot assemblief kom wys Naas.

Naas

Ek het lankal opgegee met fotos op die forum  maar ek sal vertel.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.