Author Topic: Die tafel is gedek  (Read 2758 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Die tafel is gedek
« on: January 26, 2016, 11:26:15 PM »
‘n tafel is gedek,
wit en swart,
sy eie aan ‘n kant,
bloedmaan hang kuip op westerand.

‘n slagveld opgestel,
konings stuur pionne -
kanonvoer na die hel,
seer het so gewil.

‘n troffel in messelaarshand,
kul ‘n volk hier, daar –
sie’ daar
geen omdraai kans.

rooi die grond,
afgestorwe vlees,
‘n nuwe wêreld
sonder gees.

©Orange Blue

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die tafel is gedek
« Reply #1 on: January 29, 2016, 12:49:48 PM »
Marinda, ek sou graag wou hê jy moet hierdie gedig aan my verduidelik.  Ek lees allerhande goete hieruit, maar sal graag wil weet wat jy hierby bedoel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die tafel is gedek
« Reply #2 on: February 18, 2016, 03:25:44 PM »
Haai Marinds, hier kan ons lekker koukus.   :coffee2:   
Ek wil ook graag weet.  :love7:
adéle  :grommit:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die tafel is gedek
« Reply #3 on: March 29, 2016, 07:36:04 PM »
Liewe PM, Adele,

Hierdie gedig handel oor die rasverskil, mense weerkante van die kleurgrens wat rassehaat en butgeroorlog aanjaag pm Siener se profesie te vervul. Bouers van onheil, mense wat hul haat op ander wil afforseer, mense wat nie weet hoe oorlog regtig lyk nie.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die tafel is gedek
« Reply #4 on: March 29, 2016, 11:22:17 PM »
WOW!  :icon_salut: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Die tafel is gedek
« Reply #5 on: August 03, 2016, 07:36:55 PM »
Dankie vir die verduideliking.  Jammer ek is so laat. 
Dit laat my geweldig baie dink aan die boek van Ken Follett, "The Pillars of the earth", alhoewel dit te doen gehad het met die rykes en die armes.  Dan wonder ek, wat is die verskil? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Die tafel is gedek
« Reply #6 on: August 16, 2016, 07:25:34 PM »
Dink nie daar is 'n verskil nie. Oegh en vergewe my die vingerglipse met Adele se antwoord. :love7:
Upington is nie vir sissies nie.