• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Aartappelgroentegereg

Started by PM, January 17, 2016, 10:53:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

AARTAPPELGROENTEGEREG

1kg aartappels
1 klein groen appel, ongeskil, in blokkies gesny
1 koppie gaar ertjies
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 medium of twee klein worteltjies, grof gerasper
1 ui in fyn blokkies gekap
2 selderystingels, gekap
ΒΌ k mayonnaise, meng met 1 teelepel kerrie
60 ml maaskaas
200ml gewone joghurt
Sout en peper
Garnering

INSTRUKSIES:
Kook die helfte van die aartappels met skil en al in soutwater tot sag.
Skil die ander helfte en sny in 1cm blokkies. Kook in soutwater tot ferm, nie pap nie; dreineer.
Verwyder die skille van die ander aartappels en druk fyn.
Voeg die appel, ertjies, soetrissie, wortel, ui en seldery by die blokkies aartappel.
Voeg die maaskaas, joghurt, mayonnaise, sout, peper en kerriepoeier by die fyn aartappel en meng goed deur.
Voeg nou die twee mengsels bymekaar en vou in tot goed gemeng.
Werk versigtig dat die blokkies aartappel nie stukkend geroer word nie.
Skep in vormbak of broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is en plaas in yskas om te stol. Keer uit op slaaibord en versier met stokkiestjips.
Vir garnering kan jy vuurhoutjietjips maak en bo-oor gooi.
Skyfiestokkies
Sny aartappel in vuurhoutjiedikte stokkies.
Skud in mengsel van meel en borrie en braai vinnig in warm olie tot effens verbruin.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Let daarop dat ek aartappels by die pasta en rys se opskrif geplaas het.  Dalk werk dit by styselgeregte.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe genadetjie dit moet ekke probeer  :hello2: :notworthy: :icon_salut:

PM

Dit sal wonderlik wees as jy dit maak en vir ons 'n foto plaas Raaitjie.  Sebliefie.
Om te weet is om te verstaan.