Author Topic: Assie se Blog  (Read 1250 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Assie se Blog
« on: January 01, 2016, 10:42:23 AM »
1:1:16
Dis die eerste sekondes van 'n nuwe jaar. 2016.
Vanuit die dorp se rigting is die tekens van oorlog op die horison. Kleure bars oop in die naglig op die horison, gevolg deur die plofknalle van kartetse. Ons diere is senuagtig. Bles runnik en trippel rond. Aan blommetjie se sagte kla-geluide kom ek agter sesuur se melk gaan nie baie wees nie. Die werfhonde blaf/tjank terwyl hulle stert tussen die bene rondkruip op soek na stilte. Die mens-dom gaan met afwagting 'n nuwe jaar in op dieselfde manier as wat hulle die ou jaar uit is... sonder omgee vir hul dade.
Oupa sug: "Die kalender het oorgeslaan. Alles is anders en niks het verander nie. In die oggend sal die haan op dieselfde mishoop staan en kraai, vol hoop dat die mis hierdie jaar in goud sal verander."
Dit is 2016...


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Assie se Blog
« Reply #1 on: January 02, 2016, 09:22:10 AM »
Inderdaad!  Mag ek sommer hier op jou blog kom dankie seg vir al die skrywes van die vorige jare en vir jou en Oupa en al die anner skrywers en lesers hier 'n baie gesonde nuwe jaar toewens.  Mag dit geseend wees ook, maar as 'n mens nou begin duskuant aan 70 staan, dan dink 'n mens eerstens aan gesondheid. 
Ek seg mos altoos:  As jy gesond is kan jy werk, as jy werk het jy geld, as jy geld het is almal lief vir jou!  Wat meer kan jy vra?

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Assie se Blog
« Reply #2 on: January 02, 2016, 09:49:53 AM »
2:1:16
Die nuwe jaar het sy eerste skrape weg. Ek, Oupa en Antie Stienie sit op die stoep en kyk hoe die Langkloofklopse op die werf feesvier. Dis tradisie hier by ons dat die werkers tweede nuwejaar bietjie uithaak. (Ou Ta haak meer as een keer 'n jaar uit maar hy maak darem nooit moles nie.)
Die spulletjie het 'n kitaar (wat blykbaar op 'n stukkende klavier ingestem is) en 'n bekfluitjie wat deur 'n uitasem Ans geblaas word en hulle dans dat die werfstof wolke maak in die son se hitte. As ek so vir Ta kyk wonder ek of dit dans genoem kan word as jy net nog heweig vibreer van die vorige aand se wingerdsap.
Antie Stienie wat gister oggend hoog en laag gesweer het sy het opgehou rook en drink suig aan haar kameel en dobber reeds saam met haar twee skippies op die stoel rond. Wonder of se nog gaan dobber as die derde skippie oor die lippe verdwyn het.
Ja nee. Die nuwe jaar het al sy eerste skrapie weg.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Assie se Blog
« Reply #3 on: January 02, 2016, 09:55:04 AM »
Mag julle regtig 'n rustige jaar belewe Assie.  Al skrape wat ek vir jou toewens is dat 'n ryk boer daar in die omgewing jou raak skraap.  Oeps!  Dit klink nie so goed nie, maar ek bedoel dit goed gehoor?
Om te weet is om te verstaan.